Happy Birthday Hasie Fantasties

1 Year Anniversary Achievement
Happy Anniversary with WordPress.com!
You registered on WordPress.com one year ago.
Thanks for flying with us. Keep up the good blogging.
Eintlik blog ek al vir langer as dit. Eers was ek Wit en toe word ek Leja en nou is ek Fantasies. Dankie aan elkeen wat gereeld hier kom inloer, gereeld saam gesels en natuurlik elkeen wat die moed het om te blog want julle inspireer my.
Op nog baie jare saam.
Hasie
Advertisements

Norman die pervert

Ek het al voorheen vir Norman gesien. Nooit veel van hom gedink nie. Dit was altyd vreemd as ek gaan badkamer dat ek Norman in die omgewing sou sien maar nooit het dit my gepla nie. Nou het die winter weer in my huis ingesluip soos ‘n dief in die nag en om te stort maak nie warm nie. Dis tyd vir lang bad met baie lekker-ruik-goed gemeng. Hier is waar die storie met Norman ongemaklik word. Voorheen sou Norman in die omgewing wees, homself besig hou met al sy verskillende bure se dinge maar deesdae kom Norman aangehardloop sodra ek in die bad klim. Ek het al mooi met hom gepraat en gewaarsku my man gaan hom pap slaan al is dit teen ons manier van lewe maar ou Norm die perv wil nie hoor nie. Sy nuuste toertjie is om te wag tot ek uit die bad klim en dan gaan sit hy op die vloer om te kyk.

Ek verstaan hoekom hy dit doen. Geen spinnekop het seker al ooit die kans gehad om so naby ‘n mens te kom sonder om ‘n gedoom te word of pantoffel te kry nie. Dit maak my egter ongemaklik. Norm het ‘n plekkie bo die bad waar hy altyd sit en kyk hoe ek myself skoonmaak, voorheen het hy die miere gevang wat op die kant van die bad rondwoel maar nou sit hy net daar en staar na my met al daardie klein oogies. Laas week was een te veel toe hy soos ‘n parabat ‘n sprong van die rand af maak en onder by my voete vir my gaan sit en kyk.

“Regtig Norman? Het jy nou al ‘n beter angle nodig?”

Dis toe dat ek die doom blikkie gaan haal en netjies voor Norman neersit. Nog een keer se koekeloer en ek gaan die demone uit hom dryf. Dit het vir die gemeente in Naboom gewerk so hoekom nie vir Norm. Norman bly nou agter die handdoek kas en kom slegs uit NA ek gebad en aangetrek is om die bure uit te sort. Ek dink hy het sy les geleer.

Related image

Leja

Naartjies In Die Somer

Clementine kyk na haar weerkaatsing in die oond se deur. Sy is verseker nie meer wat sy was nie maar die gesig wat sy daar op die koue donker glas sien lyk darem nie te sleg nie. Bietjie mollig en dis goed so want wie bo 30 is nie mollig nie.

“Stupid gym bunnies met te veel tyd wat mans met kleint totties het.” mompel sy vir haarself.

Die wasmasjien sing sy liedjie om haar nader te roep. Dis byna 11 uur die aand en Daan is lankal in die bed. Hy sal in sy lewe nie saam haar wakker bly nie al is dit sy flippen goed wat sy so laat moet was omdat hy nie sy truie uit die bakkie gehaal het en vir haar gegee het nie. Die bitter smaak van verwyt kom vorm weer ‘n laagie oor haar tong. Daardie bitter laagie wat maak dat haar tong soms dinge kwyt raak wat ‘n hart bloedneus kan slaan. Tog is sy diep lief vir haar man en hy vir haar. Hulle het juis vanaand hulle eie privaat braai gehou en soos ou vriende gesels en lag. Hy het haar weer vertel hoe goed sy vir hom is en dat hulle ‘n goeie span is. Watter vrou wil nou nie sulke dinge hoor nie?

“Een wat slim genoeg is om ‘n ousie uit haar man te kry sodat sy nie middernagtlike ure moet wasgoed was nie.” mompel sy weer en vloek haarself saggies omdat sy so misluk kan wees. Sy is net moeg, dis al.

Wasgoed op, ligte af, alles gesluit en in die bed. Sy herhaal die sin terwyl sy deur die huis stap en seker maak alles is gesluit. Daar moet nie ‘n gat vir ‘n muis wees om deur te kom nie want ‘n dief sal dit wraggies gebruik om in die huis te kom. Clementine loop saggies deur die donker kamer en probeer om so min geraas as moontlik te maak toe sy in die bed klim. Daan werk hard en slaap lig. As hy hier moet wakker word gaan hy ‘n baie vieslike brombeer die volgende dag wees. Sy lê ‘n oomblik na die donkerte en staar om haar gedagtes in ‘n ry te kry en stil te maak.

“Hierdie werk nie meer vir my nie.”

Clementine wip van die skrik.

“Ek dog jy slaap.” sê sy en lag vir haar bewerige stem.

“Dis nie dat ek nie meer lief is vir jou nie. Dit werk net nie meer nie.”

Clementine laat die woorde oor haar spoel en tot diep in haar brein insuipel. Sy is is dalk nie ‘n size 10 nie maar sy is ‘n slim meisie en weet presies wat hier gebeur.

“Ek verstaan nie Daan. Net vanaand nog kuier ons lekker saam en vertel jy my hoe goed ons saam werk en nou is dit verby? Nou is jy klaar?” Sy sukkel om die histerie wat in haar opstoot uit haar stem te hou. Die laaste ding wat sy nou wil wees is ‘n histeriese vrou wat soos ‘n mal ding aangaan.

“Ons is maar dis nie genoeg nie. Dis nie dat ek iemand anders soek nie..”

“Jy soek my net nie.” Lank hang die sin tussen hulle voor sy haar bene kan kry om te werk. Wyn en ‘n rook ding is wat sy nou nodig het.

Sy haal ‘n glas uit die kas maar voor sy die wyn in gooi kyk sy weer na die mollige gesig wat van die oonddeur na haar terug staar.

“Nou is nie die vir ordentlik wees en uit glase drink nie. Jou man gaan jou skei. Vat maar die bottel net so.” sê die gesig en net daar voor die oop yskas en ‘n bottel wyn in die hand, word Clementine Smit ‘n histeriese vrou. Sy sak in mekaar en begin huil, skree, vloek en keer haarself net so voor sy die bottel stukkend gooi. Sy kyk op en sien een van Daan se duur whiskey glase, gryp die en slinger dit teen die vetgat ou vrou in die oond vas.

Sy weet nie hoe sy op die stoep gekom het nie maar die twee lee bottels wyn vertel dat sy al ‘n rukkie daar sit. Daan sit oor kant haar, gesig sonder emosie, met sy baard en speel soos hy altyd maak as hy met ‘n moeilike werker of klient moet praat.

“Jy het niks verkeerd gedoen nie. Wel nie niks nie maar dis in elk geval te laat vir daai gesprek. Ek wil nie meer getroud wees nie. Ek dink ons mors ons tyd met mekaar en die lewe is te kort vir dit. Ek sal goed agter jou kyk, dit belowe ek jou.”

“Dink jy ek worry oor geld?” vra sy met ‘n stem wat skaars hoorbaar is. Iets op haar gesig laat Daan se oë rek en hy sit effens terug in sy stoel.

“Jy is die liefde van my lewe. Jy is my beste vriend. Vir tien jaar werk ek vir jou as ‘n huisvrou, dien ek jou as my man en nou werk dit nie meer vir jou nie?”

Hoe moet sy nou van voor af begin? Ag en sy kan net dink hoe lekker haar skoonsussies sal kry. Sy sal die eerste een in haar familie geskiedenis wees wat skei. Wie gaan ‘n vrou wil aanstel wat in haar dertigs is en die laaste dekade nie gewerk het nie? Hoe verwag haar man dat sy sommer net haar liefde vir hom af sit en weg stap?

“Jy sal fine wees sonder my.”

Sy staan op en stap stadig na hom toe.

“Ek gaan jou nie keer as jy nou iets histeries of geweldadig wil doen nie. Ek weet jy verwerk dinge anders as ek maar as jy my gesig gaan begin verniel dan gaan ek jou stop.” se hy sonder om na haar te kyk.

Hy verstaan haar so goed en dit maak haar net meer hartseer. Sy begin weer huil en gaan sit op sy skoot. Sy kan sien Daan het nie hierdie sagte kwesbare kant van haar verwag nie. Hy vou sy arms om haar en soen op die kop terwyl sy tien jaar se liefde op sy skouer uit huil. So sit hulle saam die sonopkoms en kyk. ‘n Nuwe dag as twee mense wat nie meer getroud is nie, op skirf ja maar nie meer waar dit saak maak…in die hart.

Clementine voel siek en lam maar soos altyd dra haar trots haar as haar gees ingee. Sy staan op, vry haar hare plat, trek haar nagklere reg en vee haar gesig af.

“Wel dit fokken suck.” sê sy met haar ken in die lug en haar rug stokstyf. Dit was die laaste woorde wat Clementine Smit vir enige iemand gesê het.

Optelgoed Is Hougoed

Lanklaas is daar geblog want my man, as jy hom net genoeg tyd gee, dra al ewig ‘n dier in nood huis toe en dan moet ek Florence Nightingale speel. Bietjie meer as ‘n week terug vertel hy my van ‘n klein village brakkie wat hy gereeld by die werkswinkel sien. Die locals reken dit het rabies want dit hardloop snaaks en maak snaaks met die koppie maar Manlief is klaar verlief sien ek. As hy eers begin met “hy’t die oulikste gesiggie” dan weet ek dis verby. Die hele storie maak my eintlik kwaad want ek moet die harde een wees wat keer dat ons nie lyk soos ‘n dieretuin nie terwyl ek die een was in my jonger dae wat diere by dosyne huistoe gedra het. Ek haat dit dat ek nou die kwaai een is maar weet julle hoekom? Want ek moet die stront skoonmaak, die pee op vee, die midnight feedings doen, die pille in gee (wat nie altyd by die mond in gaan nie), eers vir almal kos gee voordat ek kan eet en dis gewoonlik net voor nege die aand. Nee man, dis ‘n helse werk vir my en een moerse ongerief. So toe die brak verdwyn en hy haar nie opgetel kry, was ek dankbaar.

“Liefie, kom kyk gou hier.” Dis ses uur die oggend so dit beter iets aswesome wees of ek gaan vandag my man moer. Hy sleep my badkamer toe en toe daardie deur oop gaan, sit daar ‘n klein hoopie vel en bene wat oogies het. Ek skrik my desmoertoe want al het ek baie van die maer village brakke al gesien, het ek nog nie een so naby aanskou nie en dis nie mooi nie. Die hond (lyk gun niks soos een) is so maer dat ek dink sy klou aan haar laaste asem. Daar is ook geen manier om in woorde vir julle te sit hoe vol vlooie en bosluise sy was nie. Dis die brakkie van die workshop en sy het daardie oggend by ons hek op gedaag. So asof sy geweet het my man soek na haar. Nou ja, wat kan mens maak. Ons gee vir haar kos in en bad haar. Sy het nie rabies nie maar wel soveel vlooie dat sy soos ‘n mal ding rondgehol het omdat sy nie weet wat om met die goed wat haar so byt te doen nie. Toe die gemors nou eers van haar af is, slaap daardie hondjie soos een wat nog nooit geslaap het nie.

En nou byna twee weke later…20180226_084033

Ek het haar Lyca gedoop. Sy het soos Professor Lupin in Harry Potter gelyk toe ek haar daar in die badkamer sien sit. Lupin was ‘n weerwolf en hulle noem die goed mos Lycans en van daar die naam. My man is steeds smoorverlief op haar en dis ook goed so. Sy liefie kat Spookie het in November gaan rondloop soos altyd (al was die ballas uit) en het net nooit weer terug gekom. Van daar het Manlief nog nie weer die kat se naam eers genoem noem nie. Ek dink dis nog te seer en hierdie petroontjie help lyk my om die hart te balsem. So ek knyp maar my oogies toe en maak kakkies skoon, vee kots op, staan middel van die nag op om seker te maak sy’s okay. Want weet jy wat….eendag as ek en Manlief by die Pearly Gates aan kom gaan al hierdie diere daar in ‘n ry sit en vir die Chief Gate Keeper vertel

“Gooi daai hekke oop, these is good peoples.”

Leja

Wat is IN en wat is UIT in 2018?

Elke jaar kom daar ‘n lysie aan die einde van die jaar uit wat jou vertel wat gaan in en wat gaan uit wees vir die volgende jaar. Bv brand jou crocs en begin crocs met bling dra. Ek jok nie, dit bestaan regtig.

Image result for blinged up crocs

 

Nou ek is nie iemand om trends te volg nie, ek is in my 30’s en ek het nie tyd vir sulke tjol nie. Tog het ek na my eie lewe en huis gaan kyk en besluit die in en uit ding kan vir my werk. Out with the old, In with the new.

UIT lysie

Klere wat nie pas nie en jou lyf weg steek.

Wat mense dink van jou.(Dis die drie F reël)

Diplomaties wees.

Versierings vir die huis, alles van blompotte tot scatter cushions

Selfies (FML, jy is nie so mooi nie!!!!)

Mense wat glo in ‘n reënboog enige iets. (Please bitch, raak realisties)

Mense wat hulle kinders Engels grootmaak as hulle Afrikaans is. Weet jy hoe commin klink jy om Afrikaans met my te praat en dan klein Stanley in Engels aan te spreek omdat hy ‘n tantrum gooi?

Oorlog maak op social media. Jy kan nie met internet trolls baklei nie want daardie mense is siek in die kop en nie eers pille kan daardie haat reg maak nie.

Jammer wees omdat ek wit is, Afrikaans praat, ‘n vrou is wat daarvan hou om my man te dien, ‘n vrou is wat hou van seks en nie skaam is om daaroor te praat nie, ‘n vrou is wat vet is, ‘n vrou is wat dink die kerk is ‘n klomp kak en alles vir die siel in die natuur kan vind, ‘n vrou is wat nie werk nie omdat my man vir my kan sorg, ‘n vrou is wat dink drugs is stupid maar as jy weed rook is ons cool, ‘n vrou is wat nie kinders wil hê. Basies Jammer wees omdat ek nie in die politically correct boksie wil sit nie.

Lang hare. (Dis te warm, ek is oor dit.)

Geduld met my man probeer hê terwyl ek deur vroeë menopause gaan. Sodra jy met die oorlog van hormone gedeal het, dan kan jy aan my tafel kom sit en moan oor wat ookal jou pla. Tot dan, streel ek niemand se ego meer nie. Ek gaan net deur te veel om oor jou bitchyness ook nog te worry.

Vrouens wat glo jy moet ‘n man en kinders hê om volmaak te wees. Jy is klaar volmaak, hy en hulle is ‘n bonus en as jy eerder nie dit wil hê…good for you.

#MeToo. Ek is oor dit. Mens weet nie meer watter vrou is ‘n slagoffer en watter een soek net aandag nie.

IN lysie

Yoga, meditation en enige vorm van oefening.

Gesond eet ipv gewig verloor

Sien alles wat mooi is van jouself. Ek het mooi groot oë, gesonde tande, ‘n glimlag wat enige mens vriendelik kan maak, mooi lank en slank voete en ek is deksels slim.

Minder goed en meer moments. So ek gaan eerder my geld op ‘n naweek weg spandeer as ‘n nuwe TV.

Ten minste een keer ‘n maand lekker eet. Ek wil gaan sit voor ‘n bord pasta of  ‘n stuk koek en ek wil elke happie beleef sonder om een keer te dink aan hoe vet dit maak of hoe dit my maag gaan omkrap. Ek wil net lekker kos beleef en opreg geniet.

Om die storm van binne te kalmeer sodat jy die storms van buite kan hanteer.

Iets nuut leer die jaar, al is dit net hoe om koekies te bak. Hou jou brein fiks.

Minder tyd op social media

Minder tyd voor die TV

Minder judgmental wees

 

Nou ja, die IN lysie is nie baie lank nie. Dis deel van die “simplify my life” ding wat ek nou doen. Het jy ‘n UIT en IN lysie gemaak aan die begin van die jaar? Gaan sit bietjie en dink oor dit as jy nie het en indien jy ‘n blogger is, deel jou lysie en tag my asseblief.

Leja

 

 

 

 

Hallo 2018

Ons is al verby die eerste week van Januarie. Tyd vlieg nie, hy jaag soos ‘n lus tiener op sy scooter om sy cherry op ‘n date te vat. Desember was goed, ek het gerus en baie insig gekry oor dinge wat my gepla het. Nou is ons in ‘n nuwe jaar en dis mos nou tyd vir ‘n “nuwe ek” ook. Hoekom doen mense dit? Hoekom wag ons tot die begin van ‘n nuwe jaar om ons shit bymekaar te probeer kry? Want ons as mense moet ‘n begin punt hê en om in die middel van ‘n jaar vars te begin is bietjie soos om ‘n piepie half pad af te knyp, dit voel net nie reg nie.

Ek het ook nou op band wagon gespring met ‘n Instagram account waar ek met random mense gaan deel (deur die kuns van fotos) hoe blerrie moeilik dit is om gewig te verloor. Ja, almal praat van gewig verloor maar ek moet nou want die keer het ek dit te ver laat gaan. Ek het ‘n treadmill gekoop en elke dag is ek van “you can do this, al is dit net vir 5min”. Geen drank, geen twak (mens kan nie draf met ‘n cigarette in die bek) en die coke moet ook waai net soos laas. My grootste skop in die gat om by al hierdie dinge te hou is dat ek nie dink my man begeer my meer nie. Ja natuurlik is hy baie baie baie lief vir my maar hy “kyk” nie meer na my met daai iets in sy oog nie. Daai iets wat jou hoendervleis gee en laat bloos. Nee dit gaan nie werk nie hoor, ek het daardie kyk nodig in my lewe. Dis dalk nie elke vrou se droom dat haar man na haar moet kyk soos ‘n stuk nat biltong met ‘n dik stuk geel vet aan nie but me, I want it.

So hier is ‘n paar planne vir die jaar:

Oefen op daai duur treadmill

Los die suiker, twak en drank

Eet minder vleis (ek kan net nie meer nie, dit breek my hart om diere te eet)

Blog bietjie in Engels

Maak tyd en gee volle aandag aan my gees (meditation and ritual)

Dis al. En dis vir die eerste ses maande van die jaar. In Junie dan sit ons weer met die lysie en pas hom aan vir hoe my lewe dan lyk. As mens jou hele jaar probeer beplan dan kan jy dalk van die pad af gaan nog voor jy half pad is. Ek dink my woord vir 2018 is realisties/realistic. Ek is eerlik oor my gewig, ek is vet nie blind nie en ek weet ek gaan nie maer word die jaar nie. Die beste wat ek voor kan hoop is gesond. Kyk, ek reken my lewe is flippen great as hierdie nou al is waaroor ek hoef te worry. So my tweede woord vir 2018 sal wees dankbaar. As iets gebeur sal ek op daardie twee woorde fokus.

Hey, en julle moet bankvas sit vir my Melinda van der Scuff reeks. Sy is ‘n kunstenaar wat juwele maak en saam haar man Cedric op Heidelberg, Wes Kaap bly. Ons gaan ‘n onderhoud met Melinda doen en hoor hoe sy mooi juwele maak, ‘n paleo vegan is en haar kind met papier nappies groot gemaak het want dis eco friendly. (Tong-in-kies mense)

Leja