Die Hasie Hiberneer

Hierdie winter doen ek niks behalwe fokus op myself en manlief. Die blog is stil maar nie dood nie. Sodra dit warm genoeg is om te tik sonder dat my vingers pynlik koud is, sal die blog weer lewe kry. Nou wat doen ‘n Hasie as sy hiberneer? Ek het begin gesond lewe. Weg met die dop en chop en in met tee en groente. Ek het begin oefen om my bloeddruk af te bring. Ek het begin gesels met mense wat van dieselfde goed as ek hou en gesels nie meer met mense bloot uit goeie maniere uit nie. Dankie tog Manlief doen hierdie dinge saam my. Ons twee het ons lywe tot die max gedruk en amper die enjins geblaas.

Onlangs het ons ‘n helse verlies beleef. My geliefde woefie kind Jess is skielik dood. Sy was maar 9 jaar oud. Sy het in die son gaan lê en nooit weer opgestaan nie. Die seer wat ek voel is wragtig meer as toe my oupas en ouma oorlede is. Seker omdat mens verwag oumense gaan een of ander tyd gaan. Dalk kan dit wees dat Jess was soos ‘n arm of ‘n been deel van my. As ek draai is sy daar, as ek sit is die lyfie teen my, as ek gesels is daar bruin oogies wat loer en wit oortjies wat luister. Haar dood is soos ‘n deel van my siel wat weg is. Ek het nooit gedink ek kan so alleen voel nie. Daar is mense daar buite wat hulle oë rol want “dis net ‘n hond”. Vir mense soos jy voel ek baie jammer.

Ons begin amper plant hier in ons area, die weer draai stadig na warm se kant. Die ekonomie in Zim is op die rand van ‘n afgrond en ek wil net seker maak my kaste is vol en my tuin gee kos. Die regte werk en party begin nie tot 1 September nie. Sien, meeste mense vier nuwe jaar op die 31ste Desember maar my nuwe jaar begin met die eerste dag van lente (wat eintlik eers 23 September) waar ek dan my huis, hart en lewe spring clean. Op die 23ste hou ek dan my groot party, lekker kos en vrolik wees. Lente is tog die begin van ‘n nuwe lewens siklus vir plante en diere, so hoekom nie vir mense ook. En soos die plante en diere, rus ek in die winter maar ongelukkig die jaar moes ons die plan verander omdat ons gesondheid so sleg geword het. Ag vir wie lieg ek, ons het sleg geword. In elk geval, julle sal my weer gereeld tussen ander blogs raaklees sodra winter om is.

Dankie vir almal wat hier kom lees.

Hasie

gt21.JPG

Jessica du Plessis

22 Augustus 2010 – 30 Junie 2019

“People are born so they can learn to live a good life. Dogs already know how to do that, that’s why they don’t have to stay so long.”

Advertisements

Tree of Life and Tree Symbolism

Discover Druidry

leaf-3335211_1920 All images: Public domain


It’s not readily known but Britain as well as Ireland and Scotland used to be densely covered in trees. Trees were an incredibly important aspect of nature and life to the ancient Celts. The trees being the tallest living thing around, it’s easy to envision a past where they were revered. Trees provided shelter, food, warmth and cooking capabilities through fire wood along with acting as a home to many animals. It’s thought that when a tribe cleared a piece of land for settlement, they would leave a great tree in the middle known as the “Crann Bethadh” or tree of life. Did our forbears figure out through meditation that our very lives depended on the life giving oxygen plants create? I find it fascinating to ponder the extent of the things they believed out of intuition that turned out to be scientifically accurate…

View original post 1,827 more words

Passwords en hoekom ek alles elektronies haat!

Goeie genade, ek is uit eindelik terug op die press. Ek het iets verkeerd gedoen, iewers verkeerd gedraai op die gevaarlike paaie van die internet of iemand se kind in ‘n vorige lewe gevreet en toe duik my rekenaar gesig eerste in die grond. Een oggend met ‘n koppie koffie in die hand en baie skryf stukkies op die brein (ek lieg, ek het aan Sims gedink) skakel ek die ou masjien aan. Hy is al 6 jaar oud en in vandag se terme is hy dus al 1000 jaar oud so hy moet op warm. Ek klik op my profile en die skermpie reken my hy kan my profile nie vind nie.

“Wat bedoel jy? Ek is die admin van hierdie pc. Hoe kan jy my profile nie vind nie?”

“Ek is jammer mevrou, hy was gister aand nog hier.” kug die ou rekenaar

Histeries. Totaal en al histeries. Ek vloek en skree en begin sommer huil want ALLES  is op daardie rekenaar. Sure ek het die fotos op stokkies en op Facebook so dis okay maar elke liewe program wat ek mee werk is klaar daar en oop. Hoe moet ek nou van voor af begin as ek nie een password kan onthou nie? Van alles wat ek veilig hou sou mens dink my passwords sou heel bo aan die lys wees maar nee. Nou as ons in die beskawing was dan kon ek Gary van PC Docter (nie ‘n spel fout nie) en woeps-waps sou alles reg gewees het. Ek sit egter in ‘n plek waar die ox cart se wiele uit blokke hout gekerf word. Daar is niks anders om te doen hier behalwe op die rekenaar myself vermaak. Dis of die pc of drank en my man weet dit. Hy spring toe om plan te maak maar op die ou einde moes ek ‘n nuwe profile oop maak. Ek kon al die data kry maar nie die passwords en vir weke nou al sukkel ek om in te kom. Want jy sien, om password te verander stuur hulle die link na jou email maar wat nou gemaak as jy nie die email se password kan onthou. Dis net wreed okay.

Ek het en sal altyd ‘n baie ongesonde distrust van tegnologie hê. My ma moes liewer nie toegelaat het dat ek Terminator kyk destyd nie.

Hasie’s Note

Net graag wil ek hier onverskoning vra vir spelfoute wat inglip. Deel van my slothness is dat ek nie my stukkies behoorlik lees voor ek die “publish” knoppie druk. Hopenlik sal dit nou iets van die verlede wees.

Dankie

Hasie

This bunny is not stupid but I do make a lot of spelling and grammar errors as I don’t reread my blogs before posting. This is something I’m working on. Thank you for understanding and sticking with this often badly written blog.

Hasie

Net Een

Hier sit ek op die stoep van die lodge in Inhassoro Mosambiek en ek verbreek my enigste golden rule vir vakansies….GEEN INTERNET/SKERMS. Ek kry altyd reuse brain waves op vakansies (dis my pelgrimstog, my wellness retreat, my ashram om langs die see te sit) en dan blog ek oor dit sodra ek tuis is maar die een voel of ek hom gaan vergeet. So hier is hy, van langs ‘n helder blou see…net een. Die wat nou? Ja, jy het reg gelees. NET EEN. Die idee is dat jy net een ding doen. Een bottle water drink vandag, een projek die jaar klaar maak, een kilogram verloor die maand. NET EEN.

Ek is iemand wat altyd ‘n ding met woema begin en dan half pad uit asem is en dan los ek als net so. Ek is nie net fisies onfiks nie maar my hart en siel is ook onfiks. Iemand sal vra hoekom ek nie ‘n ding uit my hart doen want dan sal dit klaar of reg wees. Al wat ek kan antwoord is my hart het probeer en nou sit hy onder die boom en bier drink. Toe ek die naweek sit en na byna twee jaar die moeite doen om my tarot kaarte behoorlik te leer, het ek skielik besef dat wat eens soos baie werk gelyk het, gaan nou maklik want ek het dit net een kaart op ‘n slag gevat. Mmm, hier sit dalk iets agter die een storie het ek gedink en besluit om dit te toets. Ek het toe dit met water probeer en na twee dae drink ek skielik twee bottles sonder dat ek daaraan dink. Dieselfde met gaskoeldrank, nou dat ek net een ‘n dag drink is ek nie so geneig om my te vergryp aan dit nie. Kan dit dalk met gewig ook werk? Wat van as ek net fokus op een broek size af gaan die jaar? Een is niks so dalk kan dit gedoen word.

Wat van…skryf een paragraaf ‘n dag? NET EEN. Teen Desember het jy al oor die 300 paragrawe en byna 7 hoofstukke.

Wat van…neem aan net een kompetisie deel die jaar? Bak, hardloop, sing, skryf of selfs wie het die mooiste hoender. Neem aan net een deel.

Julle kry die idee. Gaan sit bietjie en maak jou NET EEN lysie. Moenie al jou 1 op een dag wil inwerk nie. As jy jou water klaar gedrink het en daar jy sien kans vir daardie een paragraaf…dan sure. Anders doen jy dit iewers in die jaar. Ek is forever the most slothiest sloth person ever en Elizabeth Gilbert reken in Big Magic dat mens jou “short comings” moet “trick” om te kry wat jy soek. As ek vir my onfikse menswees vertel ons gaan NET EEN ding doen vandag, dan gaan daar gee probleem wees nie. Twee is te veel by the way. My hart, siel en moed is dan almal te vinde onder die koelte van die naaste boom met ‘n six pack.

Probeer dit die week en kyk wat gebeur. Miskien “trick” jy die sloth in jou om ‘n funksionele mens te word.

Hasie

Cyclone Idai: Shit, meet fan.

It’s been almost two weeks since cyclone Idai slammed into the port city of Beira and created an inland ocean. Wiping out entire villages, leaving hundreds dead and thousands homeless and without food or water. Idai showed the world what happens when you leave a corrupt government unchecked. As Idai passed, there wasn’t any aid or help rushing in from the government of Mozambique. Instead, this African country turned to the west to beg for help. Neighboring Zimbabwe was also hit hard with survivors telling tales of villages and growth-points that disappeared in the blink of an eye. And as we all sat in horror watching these events unfold, it became clear that there wasn’t enough help coming. South-Africa was (still is) facing a energy crisis and the only help that came from them was in the form of non-government organizations and private donations. The world needs to face the truth, African governments only care about their own pockets and not the people. China is colonizing Africa, sending fleets to fish of the Mozambican coast and cutting down thousands of trees only to export them but to this day has not give one cent of aid to the people of the very country they are stripping clean.

Image may contain: sky, ocean, outdoor, nature and water

Image may contain: outdoor, water and nature

Image may contain: text

No photo description available.

No photo description available.

It breaks my heart to see the clips of people desperately trying to get out of the water with babies and children on their backs or fighting each other for food. And realizing that this is only the beginning. Take a good hard look folks, this is the future of not only Africa but the world. We do not have enough resources in Africa to help ourselves let alone each other (S.A has yet to send proper aid to Zimbabwe). This will become the norm in the world. More storm will come, less help will be available and thousands will lose their lives. I salute all the organizations for sending aid to Africa but let’s face it, it’s like trying to plug a dam using toothpaste.

And a side note to the BLF who said whites created cyclone Idai and must thus pay…I have yet to your “people” rushing to help those affected by the cyclone. A lot of light skins running around helping people. This should not be about race but I’m just saying.

I’m deeply sorry for those who lost so much but this is our new normal. As we keep destroying the earth, over populating her and pushing resources to the max more storms will come. More natural disaster will hit us until balance is restored. Unless we actively start to do something about it. Say no to greedy governments like China, stop playing politics and stand up to our own corrupt governments, demand that retailers respect nature and stop using plastic, pump the brakes on live as we know it.

Hasie

Spiritual Coddling En Hoe Om Dit Nie Te Doen.

Jy het seker nog nie hiervan gehoor nie en dit is omdat ek dit uit gedink het. (Nes meeste van die “quotes” wat op die internet rond dryf.) Dis wanneer iemand stupid goed kwyt raak (soos vrouens moet menstruation parties hou) maar omdat sy ‘n reiki-master-level-10 is met perfekte chakras, call niemand haar bullshit nie. Want as ek jou aan vat dan gooi ek my “peace out of balance”. Jip. Regtig.

Image result for spiritual quotes

Ons lewe in ‘n era waar mense se swak gedrag vergewe word want “hulle het seer” of waar mense mekaar sonder respek kan behandel want jy moet jou “truth speak”. Ons sê dinge soos ek is lief vir myself en as jy nie is nie, dan lê die probleem by jou. Nee Rainbow Moonwolf Fairyfucker, jy is 28 jaar oud en bly steeds by jou ma. Jou ma is nie lelik met jou oor al jou tattoos en omdat jy ‘n heks is nie maar omdat jy steeds ‘n tiener is, wat jou lack of ambition probeer af maak as “spiritualism”. Ek kan my kop verloor as mense iets sê soos

“Sy is ‘n vrou want sy voel soos ‘n vrou en jy is ‘n haatlike mens omdat jy nie saam stem. Love and light. Blessings”

Dis soos ‘n boemelaar wat bedel vir geld met drank op sy asem en dan afsluit met god seën u. Ek was die ander dag in ‘n helse bekgeveg met ‘n vrou wat op Facebook kom vra het vir “love and light” vir haar kind wat sy kop gestamp het, sy het nie tyd of geld vir ‘n hospitaal nie en die kind pass uit. EK.HET.MY.SHIT.VERLOOR. Eerste plek, vir wat teel jy as jy nie eers ‘n medies kan beskostig? Ek het quotes gaan vra vir medies en net vir ma en seuntjie sou dit R250 ‘n maand wees. Dis vreeslik as jy dit nie het nie ne, die pil is goedkooper. Maar as jy ‘n regte werk gehad het in plaas van ‘n winkel wat klippe verkoop, dan kon jy vir boetie help. Die ander ding is, om vir love en light op Facebook te kom vra is soos om te vra iemand moet vir jou bid terwyl jy aan die brand is. Die idee is nice maar jy moet steeds stop-drop-and-roll is dit nie? Dat jy dink love en light gaan die kind help bo ‘n dokter wys my dat jy minder dagga moet rook en asseblief nie die pil moet los. Ek verstaan nou die term “fucking hippies”

Image result for spiritual quotes

Hierdie new wave spiritualism is besig om mense te skep wat dink hulle is special. Niemand is special nie. Dalk die ou wat duisende bome plant maar Rainbow werk in Mr. Price en as sy môre doodgaan dan gaan maybe tien mense haar oor agt jaar van nou af nog mis. Die ander probleem met hierdie new wave is dat mense hulself verkonings kan gee om nie te man-up nie. Jy kan namaste tot jy vlerkies kry maar as jy ‘n asshole is, dan is jy ‘n asshole en ek het die reg om dit vir jou uit te wys as jy in my space in beweeg. Ek glo nie in “hustle” nie. Geld is nie my god en ek jaag dit nie. Ek soek net genoeg vir kos en ‘n dak oor my kop en daai dak kan ‘n karavaan ook wees. Ek glo egter in harde werk want dis eerlik en opreg. Ek glo daarin om mense met vrede te laat maar as jy bitchy is en dit op mercury retrograde blameer dan gaan ek jou call op jou bullshit. Almal het ‘n shity dag agter die rug Susan, gedra jou. En laaste, net omdat jou opinie nou popular is soos dat mans vrouens kan wees beteken nie ek moet saam stem daarmee en gee jou nie die reg om dit in my keel af te druk nie. Ek pla nie die she-males nie en ek is nie lelik met enige iemand nie so los julle vir my ook uit.

Die oom’s in die jare 50 het gepraat van “fairies” om te verwys na mans wat sag was. Almal is deesdae fairies (so voel dit). Enige ding kan hulle “trigger”. Ek sê nie moenie goed wees vir ander nie of dat jy ‘n harde hart moet hê nie maar kan ons dalk probeer om nie almal breindood pissgatte te wees nie? Kan jy dalk besef jou yoga of bid sessies plaas jou nie bo ander wat dit nie doen nie? Kan iemand my verduidelik hoekom common sense  nie meer so common is nie?

Hoe om te keer dat jy nie ‘n spiritual coddler word nie: Gebruik jou brein en moenie dat die meerderheid se gevoelens oor ‘n saak jou logika beinvloed nie. Maklik.

Hasie