Aandag Skrywers

Broers en susters van die skryfkuns, ek praat vandag direk met julle. Nee hierdie is nie ‘n kompetisie advertensie nie, jy gaan niks wen nie en jy gaan nie enige tyd gou famous wees nie. Ek het myself belowe ek sal dagboek hou van wat alles gebeur tydens hierdie epidemie sodra die eerste geval in Zim aangemelt word. Basies as die monster op die voorstoep rond loop. Die idee is dat eendag gaan hierdie verby wees en hoe mens dit gaan onthou en hoe dit regtig was, gaan nie heeltemal klop nie. So ek vra die skrywers hier op die blogs, hou assseblief dagboek. Skryf neer hoe jy voel, skryf neer wat daardie dag gebeur, skryf neer hoe die weer was en hoe het jou Sondag ete geproe. Hierdie virus gaan dalk lank aan hou of dit gaan teen Desember nie meer ‘n probleem wees nie, hoe ookal dinge loop ek dink ons sal simpel wees om dit nie neer te pen nie. Lank na ek en jy nie meer op die aarde is, gaan mense lees oor hierdie jaar. Ons kan net sowel vir hulle ‘n “boots on the ground” weergawe van die virus gee.

Die van ons wat die gawe gegee is om stories te skryf is verantwoordelik vir geskiedines. Wat ons weet van die Iere voor Christenskap of die Vikings is wat die Romeine geskryf het oor hulle. Ek wonder altyd as hulle dit self neergeskryf het, hoe anders die geskiedines sou lyk van hulle kant af. Wel in elk geval, julle kry die idee. Plus om elke dag ‘n taak te hê wat jou brein ‘n bietjie laat kalmeer, veral met die paniek wat mens tot in jou bene kan voel, kan net goed wees vir jou. Wie weet, as alles verby is het jy dalk ‘n best seller geskryf. Jy hoef net nuus te kyk om te sien die storie skryf homself.

Mooi dag en lekker skryf

Hasie

PS Indien jy dit gaan doen of dalk reeds doen, laat weet my. Ek sal graag wil hoor hoe doen julle dit en dit toepas op my eie dagboek.

Covid-19: Die Einde Van Vryheid?

Sondag 15 Maart het ‘n koue hand teen my rug af gegly, teen Donderdag 19 Maart slat hy my op die rug asof ek nou het ‘n drie gedruk het. Ek sit met ‘n oop mond en kyk hoe die ANC elke burger van SA se vryheid onder hulle neuse uit steel en niemand sê “boe” nie. Besef jy liewe burger, met die nuwe reëls in plek, kan die regering enige tyd by jou huis op daag en almal in daardie huis vervoer na ‘n “quarantine” kamp sonder dat hulle hoef te bewys enige van julle is siek? Voel jy al daardie hand? Het jy al gewonder hoe lank gaan dit wees voor ‘n boer van ‘n spog plaas kastig Covid-19 het en weg gevat word “quarantine” toe en dan gaan hy sommer dood van die virus in daai eintste kamp sonder dat sy naaste hom ooit met ‘n oog gesien het. Jy weet, ons boere doen nie kampe nie. Daar was hierdie Engelse ou wat vir ons gesê het ons word in kampe gesit vir ons eie veiligheid teen die oorlog and we all know how that went.

Ek is ‘n Boer en 120 jaar is nie genoeg vir my bloedlyn om nie uit te freak as mense ons in kampe wil sit nie. Is jy okay hiermee? Hulle kan nie eers siek mense in ‘n hospitaal versorg nie, ‘n plek wat geld kry om mense versorg. Kan jy jou in dink hoe gaan hulle mense in hierdie “kampe” versorg? Ons kamp in tente, dis dit. Boers don’t do camps okay!

Ja. Nou kan jy saam my wakker bly in die aande en aan hierdie goed dink. You’re welcome.

‘n Slightly-More-Paranoid-Then-Usually Hasie

 

‘n Regte Haas Is Beter As ‘n Oulike Haas

Snaakse titel maar hang in there, ek gaan als verduidelik. Ek word die jaar ‘n ouderdom waar ek soms die calculator moet nader trek om te sien hoe oud ek is. Hoe langer jou pad op die aarde word, hoe meer bagasie begin jy kry. Pappa is nooit trots op my gewees, my eerste groot liefde het op my gecheat, ek is vet, my hare, ek het geen wilskrag nie, my sussie is mooier as ek, my boetie is die witbroodjie…ag noem net jou issues (hierdie is nou nie almal myne nie hoor, dis net ‘n voorbeeld) en dis swaar om al die tasse saam te sleep. Jou wa is oorvol en sit soms vas. Dan, een dag sit jou wa weer vas en jy spook om hom los te kry en jy sweet en blaas en huil want hoekom kan jy nie uit hierdie modder los kom nie? Jy kyk op, sien al die tasse en besluit hulle is regtig nie nodig nie, gooi hulle af en wroooooom daar gaan jy en jou wa.

Ek is nou daar. Ek het al my tasse afgegooi. Kak soos:

“Wees altyd die mindere”

“Bewaar die vrede”

“As jy niks goed het om te sê nie, bly eerder stil en moenie oordeel”

En basies alles wat teen my siel gaan. Verstaan mooi dat ek nie ‘n vieslike mens is nie. Ek sal baie vinnig saam jou sit en huil al ken ek jou van geen kant af nie MAAR ek is klaar met oulik wees. Dit vat hopeloos te veel van my tyd op om elke dag my mond te hou en te “rise above”. Se moer en jou moer as jy nie van dit hou nie. Hierdie Hasie is die klits nou finaal kwyt en daai dae wat ek stil bly terwyl jy dom goed kwyt raak en met jou holle praat is verby hoor. Hierdie blog gaan nie vir almal wees nie want ek gaan nie meer terug hou nie. Ek het nog altyd ‘n baie donker sin vir humor gehad en my siel is moeg om dit vir almal te moet weg steek want dit maak snowflakes bang. Dit laat kerk tannies snak en ou poefters met suurlemoen gesigte goed sê soos “jy’s onbeskof”. Mmmm, ek sal buk en dan besluit jy of jy links of regs wil soen hoor. Elke liewe persoon word deesdae toegelaat om hulle “authentic self” te wees maar moenie JY durf die waarheid praat nie want dis VIESLIK! Jy kan mentally ill wees en jou sir af chop en ‘n madam word maar ek mag nie sê dat mense (veral SA’ners) lui bliksems is wat net wil bitch en moan oor als nie. O neeeeeeeeeeeeeee Frikkie, daar trap jy op iemand se last nerve.

Well hold on to your butts folks want ek is eerder ‘n regtig Haas, wat jy sien is wat jy kry as wat ek ‘n oulike Haas is en jy weet nooit waar staan jy met my nie. Daar is geen eer in dit nie en wanneer jy moet lewe op ‘n manier wat teen jou waardes is net omdat almal sê jy moet, gaan jy dik raak vir dit.

Let’s keep it real

Hasie

Dis ‘n virus Wilemiena, dis ‘n virus is dit nie?

In March 1918 an international influenza pandemic broke out, that led to the deaths of 50 million people worldwide. The pandemic spread simultaneously in Europe, Asia and North America over a twelve-month period between the last months of 1918 and the beginning of 1919. The First World War, while not the direct cause of its outbreak, contributed to its rapid spread worldwide. Soldiers, malnourished and battle weary were particularly vulnerable to infection. As they were constantly being moved between different theatres of war across the globe they spread the virus to many countries, including South Africa, where it made its appearance in September 1918. By the end of 1918, more than 127 000 Blacks and 11 000 Whites had succumbed to the epidemic. While some controversy exists as to the exact source of infection and its spread in South Africa, there is general agreement that the participation of soldiers in the War was a direct contributory factor in its arrival in South Africa. Its arrival here was initially linked to two ships, the Jaroslav and the Veronej, which arrived in Cape Town on the 13 and 18 September with members of the South African Native Labour Contingent (SANLC) on board. It was established that both ships had docked at Sierra Leone, one of the places regarded as a central point of infection. In general about 500 000 people died of the epidemic in South Africa, the fifth hardest hit by the pandemic worldwide.

According to historian, Howard Philips, the ‘Spanish flu’ spread to South Africa in two waves, the first being via the port of Durban, from where it spread to the rest of Natal and the Witwatersrand. Within two weeks the epidemic spread to the rest of the population. The second wave of infection spread from Cape Town harbour to the rest of the Cape, the Orange Free State and the Western Transvaal. A second trajectory of the epidemic spreading from the Cape, reached the Northern Cape, Ciskei and Transkei. This second wave is regarded as the one that came with the ships the Jaroslav and the Veronej.

A number of factors contributed to the rapid spread of the epidemic throughout South Africa. Firstly, South Africa had a number of ports and harbours from which sailors and soldiers spread the infection. Secondly by 1918, South Africa had a well developed railway network of 10 000 miles, making it easier for the epidemic to penetrate the most remote areas. Thirdly the migrant labour system ensured that the virus travelled with infected miners on their way to the mines or home. According to Philips, between in six weeks 300 000 South Africans had died of the flu.

On a social-psychological level the flu epidemic led to increased levels of social anxiety among a population that had felt the impact of a world war. For both Afrikaners and Africans, the flu epidemic came after a number of crises impacting on both, resulting not only from the war, but from political and social dynamics within South African society. For Afrikaners, the epidemic followed a series of calamities that included the death of 26 000 women and children in the Anglo-Boer War, the failure of the 1914 Rebellion, and the growth of the poor White problem.  A reader wrote to De Burger the following letter:

‘So ‘n treurigheid: oorlog, droogte, hongersnood en pestilensie; aan alle kante dreig die gevaar ons, terwijl die spaanse griep duisende van slagoffers daagliks om ons heen weg maai’ (Philips: 1987: 90).

Translation:

Such suffering: war, drought, hunger, and plague; danger threatens us from all sides, while daily the Spanish flu decimates thousands in our midst.

The sense of despair was communicated in the following poem published in the November 1918 issue of Die Vaderland:

‘Spaanse Griep, van oorseese strand, Wat maak jij in ons vaderland? Het ons dan nie genoeg gelij. Vir reg het ons so swaar baklei. Baje vrouwe, kinders en mans Is deur honger, moord, koe’el en lans, In die doodsvallei gejaagd, Hul lot word deur die volk beklaagd. Spaanse Griep, jij is nog ‘n dolk In die deurboorde hart van ‘n volk, Wie s’n wonde glad nie wil heel, Want hui verlies is al te veel; . . .  Spaanse Griep, gaat tog weg van hier, Want as jij nou nog langer duur, Dan blij daar oor, slegs hier en daar, Van ons uitgemoorde volk ‘n paar’   (Philips: 1987: 91)

For Africans the epidemic came after the hardships of the 1913 Land Act, war-time inflation, the droughts of 1914-1916, and floods of 1916-1917.

‘It is as if the Plagues of Egypt are upon us. First the awful War, then this pestilence and now boils, and the near dread of a famine, the season is so against all crops and fruits.’ (Philips: 1987: 149)

It is not surprising, historian Howard Philips notes, that the epidemic gave rise to a number of millenarian prophecies, which tend to surface in times of great social distress. According to Philips, the flu epidemic ‘was one of several natural disasters and disease which gained Enoch Migijima’s Israelite movement a large following”. In the region of King Williamstown, ravaged by the epidemic, the prophetess Nonketha Mekwenke emerged as the leader of a movement that preached a form of salvation that combined aspects of Christianity and traditional Xhosa religion. She drew on the notion of the Apocalypse which, in the context of thousands dying as a result of the flu epidemic, gained her a large following among rural women and migrant workers in the Ciskei.

In the rural areas of the Transkei the epidemic led to an increase in witch-hunting as a bewildered population tried to find an explanation for the deaths of close relatives.  The Commissioner of Police of the Transkei Division stated in his annual report for 1918 that

The witch-doctor has been more active than in previous years. The recent Influenza Epidemic ravaged the Natives and in their ignorance they ascribed the visitations to various causes and reasons, blaming friends and relatives for having caused the illness and death of those near and dear to them. There has been an increase of Smelling-Out cases and a resultant increase in the number of crimes of violence reported, also mainly due to the witch-doctor.’ (Philips: 1987: 86)

According to Philips, the increase in witch-hunting was so serious that it led to the introduction of more stringent penalties for those found guilty of witch-hunting.

References
  • Edgar, Robert R. and Sapire, Hilary (1999). African Apocalypse: Yhe Story of Nontetha Nkwenkwe, a Twentieth-Century South African Prophet. Athens, Ohio and Johannesburg: Ohio University Press).
  • Grundlingh, Albert, (1982). ‘Black men in a white man’s war: the impact of the First World War on South African blacks’. African Studies Seminar Paper, African Studies Institute, University of the Witwatersrand.
  • Grundlingh, Albert (1987).Fighting Their Own War: South African Blacks and the First World War. Johannesburg: Ravan Press.|SA Railways and Harbour Magazine, December 1918|Phillips, Howard (1988). ‘South Africa’s Worst Demographic Disaster: The Spanish Influenza Epidemic of 1918’ in South African Historical Journal, (20), 1988.|Phillips, Howard (1987). ‘The local state and public health reform in South Africa: Bloemfontein and the consequences of the Spanish ‘flu epidemic of 1918’ in Journal of Southern African Studies, Vol 13, No. 2, pp. 210-233.
  • Phillips, Howard91987).‘Why Did It Happen? Religious and Lay Explanations of the Spanish Flu Epidemic of 1918 in South Africa’ in Vol 12 (1987), pp. 72-92.
  • Mantzaris, Evangelos A. “The Indian Tobacco Workers Strike of 1920: A Socio-Historical Investigation.” Journal of Natal and Zulu History 6.1 (1983).|Mantzaris, Evangelos A (1995) Labour Struggles in South Africa: The Forgotten Pages 1903-1921. Collective Resources.
  • Mantzaris, Evangelos Anastasios (1984). ‘Radical Community: The Yiddish Speaking Branch of the International Socialist League (ISL), 1918-1920. University of the Witwatersrand, History Workshop, 1984.
  • Maylam, P. ‘The Struggle for Space in Twentieth Century Durban’, pp 3-10. In Maylam and Edwards,The People’s City. (Pietermaritzburg, 1996)
  • O’Meara, Dan (1977). ‘The Afrikaner Broederbond 1927”“1948: Class Vanguard of Afrikaner Nationalism in Journal of Southern African Studies Vol 3, No.2 (1977), pp.156-186.
  • O’Meara Dan (1983).Volkskapitalisme: Class, Capital and ideology in the Development of Afrikaner Nationalism 1934 -1948. Johannesburg: Ravan Press.

Collections in the Archives

Covid-19, die ongevraagde virus van 2020 — Dr. Christa van Staden

Ons sou 21 Maart 2020 na Suid-Afrika gevlieg het om eers 6 April terug te keer. Om daar te wees vir ons nuwe kleinkindjie se geboorte. En vir my ma se 80 ste verjaarsdag. Ons kaartjies is vroeg in Januarie reeds gekoop om die twee feestelike dae te gaan bywoon. Toe tref die nuus ons, […]

via Covid-19, die ongevraagde virus van 2020 — Dr. Christa van Staden

As jy nog nie agter gekom het nie, Hasie is ‘n groot fan van Dr. Christa. Gaan like en volg haar blog. Jy sal nooit verveeld wees nie en die dinge wat sy oor skryf, hoe sy dit skryf, laat jou altyd anders kyk na jou eie plekkie.

Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie — Dr. Christa van Staden

My een Suid-Afrikaanse vriendin hier het vir die winter gevlug. Laas jaar was genoeg vir ‘n leeftyd, sy het die hele winter in Suid-Afrika gaan woon. Hierdie winters is nie vir haar nie. Ek verstaan dat dit verlede jaar baie kouer was as vanjaar. En ek het simpatie met haar. As die temperatuur laer as […]

via Sneeuspykers: die lekker wat ek nie wou toets nie — Dr. Christa van Staden