Under Whispering Trees — Stargazing Futures

Ever since I can remember, trees and plants have meant so much to me. My first real memory in a garden was as a tiny 18-mth-old toddler, visiting my grandparents. It was Spring and the daffodils and tulips were in bloom. I remember moving along a concrete and stone path, as fast as my wobbly […]

via Under Whispering Trees — Stargazing Futures

Advertisements

Die Hasie Hiberneer

Hierdie winter doen ek niks behalwe fokus op myself en manlief. Die blog is stil maar nie dood nie. Sodra dit warm genoeg is om te tik sonder dat my vingers pynlik koud is, sal die blog weer lewe kry. Nou wat doen ‘n Hasie as sy hiberneer? Ek het begin gesond lewe. Weg met die dop en chop en in met tee en groente. Ek het begin oefen om my bloeddruk af te bring. Ek het begin gesels met mense wat van dieselfde goed as ek hou en gesels nie meer met mense bloot uit goeie maniere uit nie. Dankie tog Manlief doen hierdie dinge saam my. Ons twee het ons lywe tot die max gedruk en amper die enjins geblaas.

Onlangs het ons ‘n helse verlies beleef. My geliefde woefie kind Jess is skielik dood. Sy was maar 9 jaar oud. Sy het in die son gaan lê en nooit weer opgestaan nie. Die seer wat ek voel is wragtig meer as toe my oupas en ouma oorlede is. Seker omdat mens verwag oumense gaan een of ander tyd gaan. Dalk kan dit wees dat Jess was soos ‘n arm of ‘n been deel van my. As ek draai is sy daar, as ek sit is die lyfie teen my, as ek gesels is daar bruin oogies wat loer en wit oortjies wat luister. Haar dood is soos ‘n deel van my siel wat weg is. Ek het nooit gedink ek kan so alleen voel nie. Daar is mense daar buite wat hulle oë rol want “dis net ‘n hond”. Vir mense soos jy voel ek baie jammer.

Ons begin amper plant hier in ons area, die weer draai stadig na warm se kant. Die ekonomie in Zim is op die rand van ‘n afgrond en ek wil net seker maak my kaste is vol en my tuin gee kos. Die regte werk en party begin nie tot 1 September nie. Sien, meeste mense vier nuwe jaar op die 31ste Desember maar my nuwe jaar begin met die eerste dag van lente (wat eintlik eers 23 September) waar ek dan my huis, hart en lewe spring clean. Op die 23ste hou ek dan my groot party, lekker kos en vrolik wees. Lente is tog die begin van ‘n nuwe lewens siklus vir plante en diere, so hoekom nie vir mense ook. En soos die plante en diere, rus ek in die winter maar ongelukkig die jaar moes ons die plan verander omdat ons gesondheid so sleg geword het. Ag vir wie lieg ek, ons het sleg geword. In elk geval, julle sal my weer gereeld tussen ander blogs raaklees sodra winter om is.

Dankie vir almal wat hier kom lees.

Hasie

gt21.JPG

Jessica du Plessis

22 Augustus 2010 – 30 Junie 2019

“People are born so they can learn to live a good life. Dogs already know how to do that, that’s why they don’t have to stay so long.”

Tree of Life and Tree Symbolism

Discover Druidry

leaf-3335211_1920 All images: Public domain


It’s not readily known but Britain as well as Ireland and Scotland used to be densely covered in trees. Trees were an incredibly important aspect of nature and life to the ancient Celts. The trees being the tallest living thing around, it’s easy to envision a past where they were revered. Trees provided shelter, food, warmth and cooking capabilities through fire wood along with acting as a home to many animals. It’s thought that when a tribe cleared a piece of land for settlement, they would leave a great tree in the middle known as the “Crann Bethadh” or tree of life. Did our forbears figure out through meditation that our very lives depended on the life giving oxygen plants create? I find it fascinating to ponder the extent of the things they believed out of intuition that turned out to be scientifically accurate…

View original post 1,827 more words

Passwords en hoekom ek alles elektronies haat!

Goeie genade, ek is uit eindelik terug op die press. Ek het iets verkeerd gedoen, iewers verkeerd gedraai op die gevaarlike paaie van die internet of iemand se kind in ‘n vorige lewe gevreet en toe duik my rekenaar gesig eerste in die grond. Een oggend met ‘n koppie koffie in die hand en baie skryf stukkies op die brein (ek lieg, ek het aan Sims gedink) skakel ek die ou masjien aan. Hy is al 6 jaar oud en in vandag se terme is hy dus al 1000 jaar oud so hy moet op warm. Ek klik op my profile en die skermpie reken my hy kan my profile nie vind nie.

“Wat bedoel jy? Ek is die admin van hierdie pc. Hoe kan jy my profile nie vind nie?”

“Ek is jammer mevrou, hy was gister aand nog hier.” kug die ou rekenaar

Histeries. Totaal en al histeries. Ek vloek en skree en begin sommer huil want ALLES  is op daardie rekenaar. Sure ek het die fotos op stokkies en op Facebook so dis okay maar elke liewe program wat ek mee werk is klaar daar en oop. Hoe moet ek nou van voor af begin as ek nie een password kan onthou nie? Van alles wat ek veilig hou sou mens dink my passwords sou heel bo aan die lys wees maar nee. Nou as ons in die beskawing was dan kon ek Gary van PC Docter (nie ‘n spel fout nie) en woeps-waps sou alles reg gewees het. Ek sit egter in ‘n plek waar die ox cart se wiele uit blokke hout gekerf word. Daar is niks anders om te doen hier behalwe op die rekenaar myself vermaak. Dis of die pc of drank en my man weet dit. Hy spring toe om plan te maak maar op die ou einde moes ek ‘n nuwe profile oop maak. Ek kon al die data kry maar nie die passwords en vir weke nou al sukkel ek om in te kom. Want jy sien, om password te verander stuur hulle die link na jou email maar wat nou gemaak as jy nie die email se password kan onthou. Dis net wreed okay.

Ek het en sal altyd ‘n baie ongesonde distrust van tegnologie hê. My ma moes liewer nie toegelaat het dat ek Terminator kyk destyd nie.

Hasie’s Note

Net graag wil ek hier onverskoning vra vir spelfoute wat inglip. Deel van my slothness is dat ek nie my stukkies behoorlik lees voor ek die “publish” knoppie druk. Hopenlik sal dit nou iets van die verlede wees.

Dankie

Hasie

This bunny is not stupid but I do make a lot of spelling and grammar errors as I don’t reread my blogs before posting. This is something I’m working on. Thank you for understanding and sticking with this often badly written blog.

Hasie

Net Een

Hier sit ek op die stoep van die lodge in Inhassoro Mosambiek en ek verbreek my enigste golden rule vir vakansies….GEEN INTERNET/SKERMS. Ek kry altyd reuse brain waves op vakansies (dis my pelgrimstog, my wellness retreat, my ashram om langs die see te sit) en dan blog ek oor dit sodra ek tuis is maar die een voel of ek hom gaan vergeet. So hier is hy, van langs ‘n helder blou see…net een. Die wat nou? Ja, jy het reg gelees. NET EEN. Die idee is dat jy net een ding doen. Een bottle water drink vandag, een projek die jaar klaar maak, een kilogram verloor die maand. NET EEN.

Ek is iemand wat altyd ‘n ding met woema begin en dan half pad uit asem is en dan los ek als net so. Ek is nie net fisies onfiks nie maar my hart en siel is ook onfiks. Iemand sal vra hoekom ek nie ‘n ding uit my hart doen want dan sal dit klaar of reg wees. Al wat ek kan antwoord is my hart het probeer en nou sit hy onder die boom en bier drink. Toe ek die naweek sit en na byna twee jaar die moeite doen om my tarot kaarte behoorlik te leer, het ek skielik besef dat wat eens soos baie werk gelyk het, gaan nou maklik want ek het dit net een kaart op ‘n slag gevat. Mmm, hier sit dalk iets agter die een storie het ek gedink en besluit om dit te toets. Ek het toe dit met water probeer en na twee dae drink ek skielik twee bottles sonder dat ek daaraan dink. Dieselfde met gaskoeldrank, nou dat ek net een ‘n dag drink is ek nie so geneig om my te vergryp aan dit nie. Kan dit dalk met gewig ook werk? Wat van as ek net fokus op een broek size af gaan die jaar? Een is niks so dalk kan dit gedoen word.

Wat van…skryf een paragraaf ‘n dag? NET EEN. Teen Desember het jy al oor die 300 paragrawe en byna 7 hoofstukke.

Wat van…neem aan net een kompetisie deel die jaar? Bak, hardloop, sing, skryf of selfs wie het die mooiste hoender. Neem aan net een deel.

Julle kry die idee. Gaan sit bietjie en maak jou NET EEN lysie. Moenie al jou 1 op een dag wil inwerk nie. As jy jou water klaar gedrink het en daar jy sien kans vir daardie een paragraaf…dan sure. Anders doen jy dit iewers in die jaar. Ek is forever the most slothiest sloth person ever en Elizabeth Gilbert reken in Big Magic dat mens jou “short comings” moet “trick” om te kry wat jy soek. As ek vir my onfikse menswees vertel ons gaan NET EEN ding doen vandag, dan gaan daar gee probleem wees nie. Twee is te veel by the way. My hart, siel en moed is dan almal te vinde onder die koelte van die naaste boom met ‘n six pack.

Probeer dit die week en kyk wat gebeur. Miskien “trick” jy die sloth in jou om ‘n funksionele mens te word.

Hasie

What Exactly Was Stolen?

Today, I see the Notre Dame cathedral  in Paris burn. I feel sad that so much history is being destroyed. I marvel at what humans could build in 1160. We have all the technology today but nothing we have build in the last 50 years can compare to the Notre Dame. The cathedral was finished in 1345 and this date struck me right between the eyes. Why? Well, it’s more than 300 years before the dutch settlers came to South Africa. Our ancestors would only arrive in 1645. What baffles me is that when old Jan and his “volk” came to South Africa, it was wild and untamed with natives running around in loincloths, yet in Paris, 300 years before, this cathedral was completed. So…Mister Malema and friends, what exactly did the white man steal from you? How did our ancestors build massive buildings with ridiculous detail and yet NO development of any sort was happening in South Africa? I’ve been trying to find some answers all morning, trying to understand how one society could progress while another seems to stay stuck in the stone age. And today, in 2019…nothing has changed.

Image result for notre dame cathedral paris

Image result for notre dame cathedral paris

Image result for collapsed bridge south africa

Hasie