Die Hasie Lewe Nog

Marked safe from covid-19

Ek het hierdie blog post seker 6 keer al geskryf en dan alles delete. My gedagtes lyk soos ‘n hok vol hoenders en ‘n kat het in geglip. Ek is laaste van hierdie erf af iewers in Maart. My man werk nog heeltyd, selfoon sein het ons nie en internet is baie stadig so ek is in ware isolation. Ek het vriende en familie afgeskryf wat selfs in lockdown nie tyd het vir my nie. Ek het besluit om saam my volk te staan en die bullshit van “stronger together” finaal te laat gaan. Ek onderhou my huis en tuin vrou-alleen en is baie trots op die werk wat ek gedoen het. My liefde vir my man is meer maar my liefde vir social media is minder. Ek sukkel regtig om te besluit of ek net alles moet op gee maar ek gaan my mense eers volgende jaar sien aangesien ek in ‘n ander land bly…so hoe gaan op hoogte bly met almal se lewens?

Die ANC trap wittes in SA nou finaal in die grond in en my hart breek vir elkeen wat sy werk nou verloor. Die w√™reld het mal geword en ek wens alles wil nou net ontplof en klaar kry sodat ons kan sien wat is oor na die tyd. Ek het vandag my twee werkers laat terug kom, lockdown of de not. Mense hier in Zim kry swaar en ek gaan nie die wat ek kan help net los nie. Was ons egter in SA moet ek eerlik wees, hulle sou nie meer ‘n werk gehad het nie want die rasse-haat kook so erg daar onder dat ek dit nie sou waag om ‘n ander kleur in my huis of op my erf te laat kom nie. Tog wens ek dat ek die twee werkers hier by my kon laat gaan want ek het die tuin en huis self gedoen vir byna twee maande en dit baie geniet. Ja, ek was doodmoeg elke aan en die werk was 24/7 maar ek het gevind ek hou van harde werk tenspyte daarvan dat dit my baie knorrig maak. My arme man. My hande voel soos skuurpapier maar my hart is vol. Dis die Boer in my wat nou na vore kom dink ek.

Hierdie blog inskrywing mag dalk een van die laastes wees. Ek dink nie ek kan terug gaan na die lewe of persoon wat ek was VOOR covid-19 nie. My smaak vir social media en alle social platforms het verdwyn. Die liefde vir skryf is daar, nou meer as ooit maar nie die liefde vir ‘n skerm nie. Teensy dit is om games te speel. Ek is darem nog ‘n nerd okay. Ek hoop jy het ook verander en as jy nie het nie, dan is dit dalk tyd om na jouself te kyk en te vra hoekom nie.

Hasie