Zimbabwe Se Lockdown Begin Maandag

Dis nie dat so iets ons veel gaan raak nie. Ek kom slegs een keer elke 30-60 dae van my erf af. Ek is dankbaar my man hoef nie meer te gaan werk nie want die regering hier LIEG oor hoeveel mense eintlik siek is. Daar is tans ‘n vrou in my tuis dorp van Potgietersrus wat hier in Zim covid optel het. Haar hele gesin hier in Zim is siek. Die regering het nie genoeg test kits nie, wys mense weg by die hospitaal wat vir kwarentyn gebruik moet word want dis nog nie reg om hulle te ontvang nie. In the mean time hardloop hierdie ding soos die brande in Australië deur die land.

Dis al wat ek vandag kan skryf. Ek is oorweldig. My kop is te besig want ek moet beplan wat van ons gaan word as die land se kos klaar is en hulle kom dalk na ons huis. Ek en my man moes praat dat, sou hy siek word ons altwee weet hy nie na die hospitaal kan gaan nie want Zim het iets soos 14 ventilators vir die hele land. So hy gaan hier by die huis moet bly en as hy dood gaan sal niemand hom kan kom haal nie. Ons is op die platteland en tien teen een sal die land so plat getrek wees deur die virus dat daar anyway nie plek vir sy lyk sal wees nie.  Ek is alleen in hierdie land so ons moes praat wat ek dan met sy lyk doen. Wil julle in SA regtig nog kak en kerm oor 21 dae as jy nog nie so gesprek met jou persoon moes hê?

Hasie

3 thoughts on “Zimbabwe Se Lockdown Begin Maandag

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s