Whatsup? — Woestynkind

My ma is ‘n onuitputlike bron van blog onderwerpe. Meestal hoogs vermaaklik. Vir my in elk geval. Die kinders reken ek behoort toestemming te vra voor ek blog, maar ek gaan nie. Vra liewer onverskoning as toestemming…… So ‘n ruk terug ontdek my ma dat mense op whatsup statusse kan opsit vir 24 uur. Eers […]

via Whatsup? — Woestynkind

Smokkelbendes en ‘n naïewe vroutjie — MaanKind

Hierdie man is vandag oorlede. Hy het vir my iets verpersoonlik van die lewe wat ek nog nie in myself ontdek het in die jare wat ek hom laas gesien het nie. (Meer as dertig jaar laas.) Hy het eienskappe gehad wat ek aan die een kant bewonder het, tog ook ‘n lewe wat jy […]

via Smokkelbendes en ‘n naïewe vroutjie — MaanKind

Bees Slag En Hoekom Ek ‘n Swak Boervrou Is

Ek hoor hoe kreun en sug my voorouers. Bou nou ‘n nasie met ‘n boerkind soos ek wat byna niks weet van vleis werk EN gril daarvoor. My idee van vleis is ek koop hom, ek maak hom gaar en ek vreet hom. The End. Nou moes ek vandag ‘n hele bees bewerk. Kyk, in Zim gaan dinge rof en die een ding wat ons geleer het is om alleenlik op onsself te vertrou. Dus maak ons plan om genoeg brandstof, kos, medisyne en water te hê te alle tye. Wat ek gedink het my man bedoel met genoeg kos is ‘n groente tuin, inlê van produkte en blikkies kos. Hoekom vleis nooit in my kop opgekom het sal ek nie weet nie. Hy’t my eers mak gemaak met twee rooibokke en dit het goed gegaan. Toe twee varke wat glad nie goed gegaan het nie. Ek was witter as daardie varkvet want ‘n vars vark het sulke dun slymvliese wat dan soos bubble rap voel as jy aan dit vat. Ek het my amper dood gekots en ek het niks van daardie vleis in geneem nie.

Ek moet net noem, ons maak darem nie self die goed dood nie want anders het ek vleis vir altyd afgeskryf en my man geskei want my koppie sou my los as ek so iets moes aanskou. Ja dis deel van die lewe en die natuur maar f#k die natuur, my hart is te sag. Anyway, so koop ons toe ‘n bees by een van die werkers. Mooi groot os blykbaar maar ek het geweier om na hom te gaan kyk terwyl hy nog lewe. Gister word die bees geslag en teen laat middag stop hulle met die karkas hier voor my deur. Goeie heiden maar dis ‘n groot ding. Dis meer vleis as wat ons in een jaar gaan kan eet en daar is nie tyd vir kyk of wonder nie. Dis somer my maat en die brommers kom. Ek sweer die goed het net agter op die bakkie se klap gaan sit en lift vang tot by ons huis. Ses jaar bly ek al hier en nie een keer pla die vlieë nie maar gister toe ons die seil afhaal toe sak hulle op ons neer soos illegal immigrants wat die grens oorsteek.

Image result for green flies swarm

Nou ja, dis saag en sweet en stoei want so bees is nie lig nie en hy moet vinnig in die vrieskas kom. Ons het nog nie ‘n koelkamer nie. Let wel, ek sê nog nie want ek ken my man en ek weet sommer hy gaan een bou want van sukkel hou hy nie. Vandag toe is dit snitte sny en vleis was. Ek is amper dood want dit stink. Dis nie oor dat dit vrot is nie, dis oor dat hy nie gehang het om te drip nie so die bloed het onder in die vrieskas gaan lê en die reuk is orals. Die brommers het intussen ‘n paar snapshot op hulle Instagram gaan deel en dit lyk nou soos ‘n ANC rally om ons huis. Ek sê vir manlief vroeg al, sny binne waar dit toe is maar die mans weet beter. ‘n Uur later toe sny ons binne in die huis met brommers wat soos Kamikaze pilots teen die venster vas vlieg. Hitchock dink dalk voël is scary maar hy het duidelik nog nie ‘n Afrika brommer gesien ‘n venster lek of ‘n stukkie vleis hump nie. Skoonpa en manlief sny, ek was. Ses ure later met een 10min ruskans toe sê ek vir my man dat ek nou gatvol is en van hier af gaan dinge lelik raak so maak oop die vrieskas, moer alles in, ek is nou klaar vir vandag. Hoor môre by my hoe lyk dinge dan gaan ons dalk aan.

Image result for cow carcas

Hygende herder maar ek is moeg. My pa sou my in die ou boere tyd nie eers aan ‘n een oog ou plot bewoner kon afsmeer nie so swak boervrou sou ek wees. My groente tuin het versuip in die reën en nou is dit ook vir my duidelik dat vleis verwerk nie my sterk punt is nie. Al daai slym en bubbles en vet en bloedklonte het ek baie gesien as my ouma en oupa bees sny maar om aan dit te vat is iets anders. My man sê ek het heeldag gelyk of ek knie diep in die kak staan en dit duidelik kan ruik. Hy het uit vrees vir sy lewe en myne die bloed uit die vrieskas gaan skoonmaak voor ons alles terug gepak het. Hy reken daardie kyk op my gesig is hoe gesins moorde begin en hy wou dit liefs vermy aangesien ons net twee in die huis is en hy weet ek die honde nie sal skade doen.

Image result for disgusted

F*k off the grid wees, f*k homesteading en f*k rooivleis.

Hasie

Dis Weg

Dis weg, *poofgone in a puff of smoke. My liefde vir skryf. Ek kan nog stories vertel en word elke dag vertel ek praat te veel deur een of ander siel wat dit as ‘n grappie bedoel. Maar om al daardie gepraat op papier te sit, dis net weg. Om hierdie blog post te doen is agony en ek sal eerder nou gaan gym as om myself te dwing om te skryf. Julle ken my nou nie persoonlik nie maar ek hardloop alleenlik as daar gevaar as. Sou jy my ooit sien hardloop, moet nie vrae vra nie, begin net hol. Dit behoort ‘n goeie prentjie te skep van hoe erg skryf vir my geword het. Hoekom weet ek nie. Dit was daar en toe is dit weg. Dis asof ons vir dekades getroud was en een dag na mekaar gekyk het en die spark was weg. Niemand se skuld nie, niemand het iets verkeerd gedoen nie, die liefde is net weg. Of dalk is dit meer soos iemand wat in ‘n ernstige ongeluk was en weer moet leer loop of ‘n arm weer leer gebruik. Dis pynlik en dis iets wat jy nie wil doen nie maar jy weet jy moet. So daar, ek hou nou vandag twee tree gegee. Môre sal ek probeer vir drie.

Hasie

Inkopies in ‘n vitamienwinkel in Qazaqstan — Dr. Christa van Staden

Ek het so gestaan en wag by die een aptekie toe ‘n pakkie my aandag trek. Kollageen wat op die gesig geplak word. Ek het net daar gekoop, want my brein het half laat weet dat dit is wat my gesig nodig het. Is sy nie slim nie? Tuis gekom lees ek meer oor kollageen […]

via Inkopies in ‘n vitamienwinkel in Qazaqstan — Dr. Christa van Staden

Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan — Dr. Christa van Staden

Interessante naam wat ek en manlief vir hierdie tyd van die jaar geskep het – slush puppy tyd. Kyk maar na die foto, die sneeu lyk soos slush puppies wat mens in flieks koop. Ek is mal oor slush puppies. En ja, ek weet ek is nie kinders, soos hulle in daardie een advertensie aspris […]

via Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan — Dr. Christa van Staden