Koebaai 2019

Liewe mense van die land Internet, dis tyd om nog ‘n jaar te groet. Ek word elke keer hartseer en nostalgies. Om klaar te maak met ‘n jaar is amper soos om deur ‘n break-up te gaan waar julle altwee besef het dit gaan nie werk nie en dis beter om aan te gaan sonder mekaar. Jy weet dis tyd, jy weet dis reg en tog is jy hartseer. Om ‘n nuwe jaar te begin is weer soos om verlief te raak vir die eerste keer. Die opwindend en daar is soveel nuwe moontlikhede. Wow, die lewe gaan van een uiterste na die volgende.

Image result for the end

Die tradisie is dat ons begin voornemens maak vir die volgende jaar. Gewig verloor, op hou drink, ‘n berg gaan klim blah, blah en blah. Ek reken, se gat met dit. Ja, ek wil op hou rook en gesond eet maar dis vir geloofs redes en het niks te doen met die nuwe jaar. Ek wil ook calligraphy leer sodat ek my doepas en maak-reg-teetjies kan neer pen vir die volgende geslag. Al hoekom ek nie nou al begin met dit nie is omdat ons nie by die huis is nie maar ek gaan solank alles koop wat ek nodig het.

Eintlik het ek EEN new years resolution en dit is “call them on their bullshit”. Ek gaan nie meer stil bly nie hoor. Hierdie mense wat so bid vir geld of rituals doen om werk te kry of ‘n nuwe kar of wat soet kerk toe gaan sodat jy kan hemel toe gaan…I see you en ek kom vir jou. Weet jy hoekom doen ek die regte ding soos om nie te lieg of nie te steel? Want dis DIE REGTE DING OM TE DOEN en nie omdat ek ‘n sweetie vir my moeite gaan kry nie. As jy alles doen net sodat jy hemel toe kan gaan of ge-bless word dan doen jy dit uit selfsug en jy’s nie so heilig of oulik  soos jy dink nie.  Gaan kou aan hierdie een. Dan is daar die mense wat al ewig net “stuff” soek. Jou T.V is groot genoeg, drie pare skoene is MEER as genoeg, gesigroom hoef nie aan gekoop te word teen R300 nie, plastiek is kak en jy hoort einde te kry met dit, mense behoort op te hou teel soos hase want julle is deel van die kanker wat ons “son of man” noem.

Maar ek belowe om in 2020 ook weer vol sonskyn te wees. Daar is genoeg nors ou donners daar buite en ek gaan nie nog my swaar gemoed in ‘n reeds sinkende skip laai nie. Ek wil die pool noodle in jou lewe wees. Wie like nou nie ‘n pool noodle nie?

Final thoughts vir 2019: Ek kan nie kinders kry nie en wil ook nie kinders kry nie. Ek wens daar was plek vir vrouens (en paartjies) soos ek. Dat daar ‘n tydskrif was wat gaan oor meer as net mode, make-up, mental illness en hoe om super mamma te wees. Miskien sal ek so blog bou en dit Alternatief noem. Jy kan kom lees hoe jy mooi kan lyk met net ‘n koekie seep en goed koop room, hoe om verlief te wees op die lyf wat jy het ipv jouself uithonger vir ‘n ander soort lyf, ander gelowe, ‘n lewe wat nie draai om jou kinders nie (ek meen regtig, jy mag seker iemand anders besides “ma” wees?).Image result for alternative

Any way, Happy New Year. Mag jy en 2020 baie gelukkig saam wees.

Hasie