Leemte van stilte — geselssaamblog

Dit was ‘n Vrydagmiddag net na half twaalf. Ek het skaars by die werk ingedraai na besoektyd wat my foon lui en my grootste vrees het waar geword. Die dokters het laat weet dis tyd. Ons moet gereed maak om te groet. Met trane wat in my oë opdam draai ek terug. Duisend dinge vul […]

via Leemte van stilte — geselssaamblog

Dis so met die kom van die kersfees seisoen dat ek die meeste verlang. Kersfees vir my het niks te doen met geloof nie, dis family time en in die laaste 5 jaar het ons sin baie kleiner geword. Ek lees hierdie blog en dit eggo deur die gat in my hart. Word dit ooit beter?

Kyk die wolkmaker, Ma — Dr. Christa van Staden

Seun was nog baie klein toe ons een keer op die N1 vanaf Welkom na Johannesburg ry. Om by familie in Pretoria te gaan kuier. Dit was ‘n wolklose dag. Toe ons naby Sasolburg kom, het die skoorstene van die kragstasie vog uitgepomp, wat in die lug opgesweef het om ‘n wolk van vogtigheid te […]

via Kyk die wolkmaker, Ma — Dr. Christa van Staden

Een, twee drie, dis Knysna, dié — ilsezietsmanblog

First published in Rapport, January 2019 Knysna is ‘n skare-gunsteling, Knysna is ‘n uiteet-mekka, Knysna hou jaarliks Oesterfees, Knysna het swemstrande en daar is, so word daar gesê, nog olifante in Knysnabos. Dit is dus geen wonder dat Knysna een van die gewildste toeristebestemmings in die land is nie. As jy egter reeds al die […]

via Een, twee drie, dis Knysna, dié — ilsezietsmanblog

Why the world is running out of sand — Wag ‘n Bietjie

By Vince Beiser It may be little more than grains of weathered rock, and can be found in deserts and on beaches around the world, but sand is also the world’s second most consumed natural resource. A South African entrepreneur shot dead in September. Two Indian villagers killed in a gun battle in August. A […]

via Why the world is running out of sand — Wag ‘n Bietjie

Gaan Speel Buite

Onthou jy toe jou ma jou met hierdie woorde uit die huis gejaag het? Jy moes vars lug en ‘n bietjie son gaan kry. Die grootmens weergawe hiervan is “die wi-fi is af”. In Zim is die krag elke dag vir meer as 18ure af en dan is die internet en selfoon syn ook weg. Nou wat de hel doen jy met jouself heeldag as jy ‘n tuisbly vroutjie is? Jy gaan speel buite. Hoekom ek dit nie gouer gedoen het nie sal ek nooit verstaan. Om in die tuin te werk is seker een van die lekkerste goed wat ek nog gedoen het. Elke dag gaan loer ek na alles wat ek geplant het en dit laat my hart bokspring as daar ‘n nuwe blaartjie is of ‘n nuwe blom. Ek ken nog nie al my blomme nie, ek kan nie al die name op die pakkies saad onthou nie maar ek weet dis gogga-lekker blomme en my tuin woel. Ek het ook groente tussen die blomme geplant. My idee is om ‘n “eetbare” tuin te maak vir mens, dier en gogga. Ek soek nie ‘n mooi tuin nie, ek soek ‘n lewendige tuin.

Image result for lavender

Die dag is nie meer lank genoeg nie en ek oorweeg al om kaalgat onder die maan te dans vir reën. Ek het ook begin om mense in my tuin te sien. Nee, ek word nie mal nie…dink ek. Ek is byvoorbeeld laventel (myne anyway) in die begin groei die saailinge dat dit bars en dan ewe skielik draai hulle teen my. Te veel water en hulle vrek, te veel son en hulle vrek, te min water, te min son, te veel wind, te min liefde…genade, enige te en die goed vrek. Probeer jy hulle elders plant en hulle vrek of vat twee jaar om te begin groei. Dis ek. Te min of te veel en my siel sal vrek en ek pas nie goed aan met verandering nie, dit vat my jare om wortel te begin skiet. Die jaar het ek begin wortel skiet in Zim. Ek het besef ons gaan nie sommer weer in SA bly nie en dis tyd om hierdie huis MY huis te maak. Snaaks genoeg, hierdie jaar is die eerste keer wat my laventel ordentlik begin groei het.

Image result for afrikanertjies blomme

Dan is daar mense soos my afrikanertjies. Gooi hulle enige plek en hulle sal groei. Te min water, te veel son, geen kompos? Hulle gee nie om nie. Sodra hulle “dood” is, ploeg jy hulle net weer terug in die grond in en binne ‘n week is daar nuwe plantjies wat loer vir jou. Daar is mense soos my pampoen plantjies wat jy alles perfek kan doen, aandag gee en spuit vir pes maar steeds sal hulle nie groei nie. Hulle sal blomme maak om jou te laat dink iets gaan verander maar nooit sal jy die vrugte pluk van al jou moeite nie. Daar is mense soos my rissies wat in die tuin gegooi word na hulle gebruik is en as jy weer kyk is dit ‘n monster van ‘n rissie bos, oortrek met blomme en rissies en al gee jy niks bly die bos groei.

Image result for cayenne pepper bush

Ek dink ek gaan heeldag skryf as ek moet vertel wat ek alles besef het terwyl ek in die tuin rond krap. Ongelukkig kan ek nie want hier waar ek sit kan ek sien die water moet geskuif word en ek het nou net besluit wat om met daardie hoop mooi ronde klippe te doen. Ja, ek het ‘n ding vir klippe okay. Ek dra al wat ‘n mooi klip is huis toe. Net een ding voor ek gaan: ek wou ‘n ou dooie guava boom uit haal maar te ek aan die bas vat besef ek daar is nog groenigheid onder die dooie stukke. Die tuin manager het sy kop geskud toe ek sê ek gaan die boom red, seker vir homself gedink die simpel wit vrou wat nog nooit geboer het weet niks. Ek het water gegee, kompos en elke dag met die boom gaan praat. Dis vreemd, I know maar ek het my hand op haar gaan sit en gevra sy moenie moed op gee nie. Vandag toe ek daar gaan draai is daar twee nuwe takke, oortrek met helder groen blare. Ek sal erken dat ek ‘n traan gepik het.

Sommige mense gaan kerk toe, ek gaan tuin toe.

Hasie