Oepsie vir die S.A Media

Xenophobia. Dit was die buzz woord die week. Ons het almal gesit en kyk hoe brand winkels, hoe hardloop mense met wapens rond en vir die op social media was daar videos van mense wat vermoor word. Die geweld was gemik op buitelanders, spesifiek Nigeriërs…of was dit? Dinge het so erg geraak dat Nigeriërs S.A winkels in hulle land aangeval en gebrand het. Die logika hier sal ek nooit verstaan maar dis nie die punt nie. Die punt is, tot dus ver kan niemand sê of enige Nigeriërs dood is nie en die winkels wat gebrand en geplunder is behoort nie aan Nigeriërs nie. Wat het dan hier gebeur? Fake News. Net soos enige iemand anders in ons land, is joernaliste lui blikskottels wat nie feite jaag nie en wat eerder op social media hulle nuus sal soek. Ai, waar is die dae wat jy joernaliste gesien het in die middel van ‘n oorlog rond beweeg net om ons die akuraatste nuus te kry. Deesdae is hulle “source” een of ander mamparra op Twitter. Well done. Nie dat ons elke dag se mense veel beter is nie. Daardie videos het soos ‘n veldbrand versprei want ons is LUI. Ons gaan soek nie feite voor ons ‘n ding deel nie.

Daar was geweld. Buitelanders is geteiken. Daar is 5 mense dood. Daar is geen ordentlike berig oor die geweld beskikbaar nie. Ek is die laaste 4 ure op Google besig en die een klink nes die ander een met geen diepte nie en dis 3 dae oud. Well done S.A Media, gaan staan saam Cyril, Eskom en SAA in die hoekie. Sies, time out vir jou!

Hasie

Advertisements

2 thoughts on “Oepsie vir die S.A Media

  1. Kan nie help om te glimlag vir jou irritasie met die media en joernaliste nie. Jy is so reg. En hoekom altyd iemand wat dit nodig vind om “fake” nuus te versprei? Die was in oorvloed met die ontvoering van Ami-Leigh

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s