#AmINext

Die week het die vroue van Suid-Afrika uiteindelik hulle gatte gewip. Die week het hulle genoeg gehad van die vrees wat ons elke dag mee lewe, die kultuur waarin ons lewe en hoe ons lewens minder werd is as ander.

Wel, gewoonlik gee ek nie veel aandag aan hierdie tipe goed nie. Ek is nie ‘n feminis nie want hoe feminisme vandag lyk is die Amerikaaners se weer gawe en daai vrouens daar is nie mense nie, dis goed. Die feministe van daar is mal soos hase en ek kan nooit vat plek kry aan dit wat hulle kwyt raak. Die week het vroueregte egter aan my deur kom klop. Ek het vir die eerste keer na die mans om my gekyk en met skok besef ek lewe in ‘n dwaas. Ons is omring met varke wat dink dat as ‘n vrou veg vir haar reg om veilig te wees “sy niks werk vir haar hande by die huis het nie.”. My hart was so seer. Hier sit ek, in trane van blydskap oor hoe die vroue van SA op staan en saam staan vir ons reg om te mag besluit wie aan ons vat, om baas van ons eie lywe te wees, om veilig te kan wees as jy met ‘n eks opbreek en sy ego kan dit nie en mans (Afrikaanse Wit mans) maak grappies oor dit en spot en sê “dis net die swart vrouens wat so tekere gaan”.

Het julle as mans enige idee wat ons regtig moet deur maak elke liewe dag? Weet jy hoe moet dit voel dat jy gereeld iemand moet soek om saam jou enige plek te gaan want durf jy alleen beweeg, kan dit die dag wees wat ‘n man jou vat asof jy niks meer as ‘n hond is. Ons kan nie eers alleen badkamer toe gaan nie. ‘n Vrou mag nie saam mans in ‘n “rough neck” beroep soos mynbou werk nie (en ek bedoel nie in die kantoor nie) want sy is ‘n “disruption to the work force”. So maw, omdat ‘n man nie sy klein brein kan beheer nie moet ‘n vrou lief ander plek loop werk (en vir ‘n kleiner salaris nogal). Ek het ‘n eks gehad wat net nie kon laat gaan nie. Ons was al 3 maande uitmekaar dan ry hy verby my huis, of sit op die hoek in sy bakkie en hou my plek dop. Hy het een keer, 2 uur die oggend in my huis ingestorm opsoek na “die ander man” en toe ek die polisie bel het sy mense (wat eens myne was) my as ‘n drama queen, slet en spiteful bitch gebrandmerk. Ek het maagsere gehad van al die stress en sy geteister het nie gestop tot hy ‘n ander lewe gehad het en ek gedreig het om in daai lewe te openbaar wie hy regtig is. Vir jare het ek nog nagmerries gehad oor hom. Dis eers ‘n jaar en ‘n half terug wat ek hom in die straat kon groet sonder dat ek bewe en kort van asem raak.

My vriendin sin het sy woede nie tot haar beperk nie en selfs my kom dreig in my eie erf. Hy het een keer by ‘n nagklub sommer in my kar geklim om op my te skree en NIEMAND het gehelp nie. Sy pelle het maar rond gestaan en ek het hom letterlik met al twee voet by die deur uit geskop. Ek was nugter, hy nie. Wat kon gebeur het as ek nie was? Vertel jy hierdie stories tussen ander en mans sowel as vrouens sal die saak so draai dat dit jou skuld is. Net gister kla ‘n vrou oor haar man wat elke dag porn kyk. 90% van die vrouens het gesê sy moet gewig verloor en beter na haarself kyk. Ek wou van hulle weet hoe lyk die 1950’s deesdae sienend dat hulle nog daar bly. Ten minster 12 mans het vir haar gesê sy kan hulle bel, hulle sal haar kom “help” as haar man besig is. Jy dink dit gaan net so op social media…dink weer. Ek het elke soort teistering al gesien, gehoor of beleef hetsy self of deur vriendinne. Die beste van alles…ons laat dit toe. Ons maak hierdie mans en ons maak die vrouens wat dit sluk. Seuns kan kwaad raak en mekaar slaan, meisies moet stil en stemming wees. Mans mag ‘n grappie maak oor my ass en ek is ‘n koue bitch as ek die grappie nie kan vat.

Die beste van alles is, niks gaan verander nie. Ek gaan lag vir grappies oor hang tiete, ek gaan maak of ek nie hoor as ‘n man my cat call, ek gaan magteloos bly want niemand luister. Ons kultuur is toxic en vandag weet ek nie hoe ek dit gaan beter maak vir my klein poeper. Sy gaan sodra sy kan praat geleer word dat niemand mag onder jou kostuum vat, moenie op ooms se skote sit, trek aan dat alles toe is, moet nooit enige iets alleen doen nie, moenie te groot droom nie want daar is nie plek vir ‘n man en kinders in daai droom, vrouens moet grappe kan vat en nie grappe maak, vrouens mag nie te veel drink nie, vrouens is drama queens as hulle kwaad word, vrouens gun mans niks, vrouens moet kyk na die kinders en huis terwyl manlief jag naweke het en sy nooit eers kans kry om laat te slaap, as jou man rondloop is dit omdat jy ‘n vet lelike vark is, as jou man jou slaan moet jy iets verkeerd gedoen het and the list goes on. Ek sê nie dis wat ek alles geleer is nie maar hierdie is dinge wat bestaan binne ons kultuur.

Ek hoop #AmINext het iets in ons almal wakker gemaak. Mother Earth, Mother Language, Mother of the Nation…dis dalk tyd dat die moeders van ons land op staan en stem dik maak. ‘n Man is slegs in beheer want ons laat jou dink jy is in beheer.

Hasie

Advertisements

7 thoughts on “#AmINext

  1. Dis rêrig erg. Maar ek sien ook hoe mans, veral die goeies, mishandel word wanneer vroue ander mans se snert op die goeies uithaal. Die tong is vlymskerp en diep. Ons manne moet maar net ons gatte begin wip. Die ergste ervaring in my lewe was om onder ‘n vrou te werk wat min breins en baie rang gehad het. Sulkes ly mos aan TBB.

    Die saak het meer as een kant.

    Like

    1. Ek dink nie mens kan vergelyk nie. Die dag as ‘n man met vrees in sy hart rondloop oor wat vroue aan hom kan doen, sure…let’s talk maar om onder ‘n vrou met ‘n ego te werk vs om onder ‘n man te werk wat sy hand tussen jou bene probeer indruk kan nie vergelyk

      Liked by 1 person

      1. Jy verstaan nie. Jy moet net sien wat ek die afgelope veertig jaar sedert Matriek gesien het. Ek is darem met ‘n engel getroud. Kyk maar op Medical Detectives hoe wreed hoeveel girls kan raak. Pas in die nuus die Ma wat haar eie kind ontvoer het om haar Pa te beroof. Dis nogal erg abusive.

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s