Daar Is Nooit ‘n Einde

Ek het ‘n siekte. Dis een wat ek seker al jare het maar nooit die simptome raak gesien het nie. My siekte is…half klaar gemaak/gedoen/gelees goeters wat orals in die huis vir my weg kruip. Dis hoekom ek nooit gesien het ek is siek nie, my kieme het weg gekruip. Tussen boeke wat ek klaar gelees het, in ‘n laai met ander voltooide projekte bo oor dit. Ek is soos een wat skelm suip, steek leë bottels orals weg oor ek skaam kry. Dis eers toe ek nou begin met my groot “spring cleaning” dat ek op die lyke van eens belowende projekte af gekom het. Eers het ek al die kaste en laai uit gepak, toe netjies drie hopies gemaak van goed wat: kan bly, moet gaan of moet gaan as ek dit nie klaar maak nie. Dis toe eers dat ek sien hoeveel “amper klaar” dinge in my huis skuil. Die boeke wat hands down die ergste vir my. Ek lees ‘n boek klaar al is dit die swakste boek onder die son. Waar kom hierdie half klaar siekte vandaan? Ek eet al my kos klaar selfs die oorskiet, was van tussen my tone tot agter my ore, borsel voor en agter sowel as tong en verhemelte. As ek die huis begin skoonmaak word daar nie gestop tot alles in sy plek is nie.

Image result for project unfinished

Daar is ps4 games wat nie klaar is nie, ‘n skryfkursus wat onvoltooid lê en dan praat ek nie eers van die hordes en hordes halwe stories nie. Nou is ek onseker of die rede agter hierdie half gatgeid te doen het met ek wat so maklik vergeet of dalk het ek verveeld geraak of, en hierdie is erg, ek is net reguit te lui om dit klaar te maak. Ek kan egter met julle deel dat hierdie aha oomblik darem een lig in my lewe gebring het dis dat ek nou verstaan hoekom ek vet is want ek maak nooit klaar met ‘n dieet nie. Grappies op ‘n stokkie, hoe breek mens weg van iets wat jy nooit besef het jy doen nie? Hoe verander jy ‘n gewoonte wat so deel is van jou, dat jy blind is vir dit?

Image result for project unfinished

Dalk is dit deel van my “must do’s” vir my nuwe jaar. Leer hoe om shit klaar te maak!

Hasie

Advertisements

2 thoughts on “Daar Is Nooit ‘n Einde

  1. Jy laat my so half en half aan myself dink, daar waar skryf ter sprake is. Dan kyk ek Toortsie se resepteboek so met een oog, dink dan wat dit gaan verg om my eie stukkie storie so klaar te kry. Haar boek ruik dan na geurige bobotie, veral as jy daarna lus.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s