My Nuwe Jaar

Dit was gister die laaste van my jaar gewees. Die winter is verby en soos ‘n boom wat bot, begin ek ook nuut vandag. Ons het ‘n rustige aand gehad. Iets gedrink en musiek geluister nes enige ander nuwe jaar. Vandag is ons bietjie geroes maar ek het darem die kar gewas en die aapies uit my groentetuin gehou so all and all it was a good day. Ek het nog nie regtig kans gehad om te sit en dink wat ek met hierdie nuwe jaar gaan doen nie. Wil ek ‘n beter mens wees? Ek hou dan nie van mense nie so hoe sal ek dan “beter” wees? Dalk gewig verloor? Nope. Been there, done that, cried in the dressing room. Gaan ek ‘n beter vrou vir my man probeer wees? Hy kan bly wees hy kry nie gif in nie so there is that. Miskien nie so bitter en kwaad die hele tyd wees nie? But….PEOPLE! Ek is nie seker wat ek gaan doen vir my nuwe jaar nie. Vanaand sal ek die glasie gin skink vir almal wat nie meer hier is nie, ‘n kersie aan steek en mooi vra of hulle nie dalk raad het nie. Wat is tog nou die punt van ander kant die veil wees as jy nie bietjie raad aan die lewendes kan gee?

Vir die laaste week het ons ‘n uil (soos die foto hieronder) gerehab. ‘n Bosuil wat my skoonpa in sy tuin gekry het. Hy (of sy) was baie swak maar ons het gelukkig nie gespook om hom weer aan die gang te kry nie. Hy het dag vir dag sterker geword en dit was duidelik hy was nie beseer nie. Gister aand het hy die deur van sy hout kas oop gejimmy, deur die gat in die ceiling gevlieg en na ‘n rukkie se moed skep, die nag in gevlieg. Ons was juis op pad om hom daardie aand te toets en te sien of hy al sterk genoeg is om te vlieg. Die idee was om hom oor ‘n week vry te laat. Hy, het ander idees gehad. Dit was vir my gepas dat dit op ons “nuwe jaar” viering gebeur het. Vat al my huis se probleme in jou kloue en gaan gooi hulle iewers in die bos. God speed little friend.

African Wood-Owl.

En dus is die Hasie uit haar gat. Reg om weer iets te doen op die blog en miskien met haar lewe. Nee ek jok, ek gaan Ark en Sims speel tot ek dik is daarvoor en dan ‘n boek lees. En so gaan ek my lewe mors want ek het regtig niks beter om te maar ek gaan darem vars groente hê uit my eie tuin so dis iets om op trots te wees.

Gelukkige Lente Dag en die begin van ‘n nuwe seisoen in jou lewe.

Hasie

Advertisements

3 thoughts on “My Nuwe Jaar

  1. Pragtig. Een ding elke dag wat jou laat lag. En as jy terugval in gister, môre is nog ‘n dag vir herbegin. Lekker gelees. Mal oor jou uil. Ek het ook een. Luister elke nag na hom as hy in my tuin jag.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s