Die Hasie Hiberneer

Hierdie winter doen ek niks behalwe fokus op myself en manlief. Die blog is stil maar nie dood nie. Sodra dit warm genoeg is om te tik sonder dat my vingers pynlik koud is, sal die blog weer lewe kry. Nou wat doen ‘n Hasie as sy hiberneer? Ek het begin gesond lewe. Weg met die dop en chop en in met tee en groente. Ek het begin oefen om my bloeddruk af te bring. Ek het begin gesels met mense wat van dieselfde goed as ek hou en gesels nie meer met mense bloot uit goeie maniere uit nie. Dankie tog Manlief doen hierdie dinge saam my. Ons twee het ons lywe tot die max gedruk en amper die enjins geblaas.

Onlangs het ons ‘n helse verlies beleef. My geliefde woefie kind Jess is skielik dood. Sy was maar 9 jaar oud. Sy het in die son gaan lê en nooit weer opgestaan nie. Die seer wat ek voel is wragtig meer as toe my oupas en ouma oorlede is. Seker omdat mens verwag oumense gaan een of ander tyd gaan. Dalk kan dit wees dat Jess was soos ‘n arm of ‘n been deel van my. As ek draai is sy daar, as ek sit is die lyfie teen my, as ek gesels is daar bruin oogies wat loer en wit oortjies wat luister. Haar dood is soos ‘n deel van my siel wat weg is. Ek het nooit gedink ek kan so alleen voel nie. Daar is mense daar buite wat hulle oë rol want “dis net ‘n hond”. Vir mense soos jy voel ek baie jammer.

Ons begin amper plant hier in ons area, die weer draai stadig na warm se kant. Die ekonomie in Zim is op die rand van ‘n afgrond en ek wil net seker maak my kaste is vol en my tuin gee kos. Die regte werk en party begin nie tot 1 September nie. Sien, meeste mense vier nuwe jaar op die 31ste Desember maar my nuwe jaar begin met die eerste dag van lente (wat eintlik eers 23 September) waar ek dan my huis, hart en lewe spring clean. Op die 23ste hou ek dan my groot party, lekker kos en vrolik wees. Lente is tog die begin van ‘n nuwe lewens siklus vir plante en diere, so hoekom nie vir mense ook. En soos die plante en diere, rus ek in die winter maar ongelukkig die jaar moes ons die plan verander omdat ons gesondheid so sleg geword het. Ag vir wie lieg ek, ons het sleg geword. In elk geval, julle sal my weer gereeld tussen ander blogs raaklees sodra winter om is.

Dankie vir almal wat hier kom lees.

Hasie

gt21.JPG

Jessica du Plessis

22 Augustus 2010 – 30 Junie 2019

“People are born so they can learn to live a good life. Dogs already know how to do that, that’s why they don’t have to stay so long.”

Advertisements

3 thoughts on “Die Hasie Hiberneer

  1. Hallo Hasie! Ag ek is jammer en seer saam met jou oor Jess. Ek weet nie wat ek sonder my brakbende sal doen nie. Kodakoos het nou die dag ‘n swartmamba betrek en net-net gewen. Jy moenie oor enjins blaas en ongesond praat nie. Behalwe rond van lyf het ek ‘n 100 dae gogga gehad en loop nou met so nuwe lae hees stem. Dis lekker om te kan kom inloer by jou. Het jou gemis.

    Liked by 1 person

  2. Ai liewe Hasie, dis so hartseer dat jou hondekind dood is. Ek huil saam met jou. My honde is so deel van my lewe en welsyn. As ek hulle streel, kan ek voel hoe ek ontspan en rustig raak. Baie sterkte. Hiberneer gerus en vertel van jou partytjie op 23 September.

    Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s