Jy weet wat kom. Jy weet wat om te doen.

Dis alweer ligte uit in S.A en almal kak en kerm daaroor. Vir wat? Julle weet dit kom, dit gebeur al meer as 10 jaar. Waar is jou generator meneer? Waar is die solar panels dame? Nee, julle is te sleg en te suinig om die goed te koop. Sit eerder en teem. Ek het geen genade vir mense wat so kla oor die krag nie. Wat van braai minder elke naweek en spaar daardie geld om vir jou goed te koop wat die liggies aan die gang hou. O neeeeee, dit sal ons nie doen nie. Kla eerder oor hoe sleg die regering en Eskom is maar ‘n plan sal jy nie maak nie. Wanneer gaan julle leer dat die regering is niks vir ons werd nie, dat ons maar agter onsself moet kyk?

Laat een mamma nou weer “huil” oor haar kinders koue kos moet eet dan sit ek die welsyn op jou. Het jy al gehoor van gas? Wat van braai? Ja braai om kos te maak ipv van jou moertoe suip. As jy sit en kerm oor die krag maar niks by jou eie kaya doen om die lewe vir jou makliker te maak nie, is jy bloot net sleg. Die ouma in die sink shak het geld vir kerse en gas so wat is jou verskoning?

Dan, kom ons praat oor geld. Vir jare op die blog sê ek nou al, maak ‘n gat onder ouma se bed en sit ‘n kissie met geld daarin. As die krag af is, hoe gaan jy jou geld trek of groceries koop? “Oe maar dis nie veilig nie.” hoor ek jou moan. Luister, sonder geld in jou huis is jy anyway nie veilig nie. Tenminste kan jy brood koop vanaand.

Ons begin ‘n nasie van kla-kouse word en my siel kan dit nie verwerk nie. Dis nie hoe ons volk is nie, dis nie hoe ons groot geword het nie. Ek kan regtig nie dink enige van ons kom uit ‘n huis waar ons ouers eerder sit en kla hoe min kos daar is, as om plan te maak vir nog. Ons is besig om mekaar sielsiek te maak met al hierdie gemaon en kerm. Om die braai, by die kerk, in die ry by Spar en langs die rugby veld terwyl boetie sy hart uit speel. Dinge gaan sleg maar raai wat? Dit het nog altyd so gegaan. Dink jy dit was maklik om by ‘n tent te staan waar ‘n kind aan die sterf is? Om laer te trek elke nag en te hoop jy oorleef die nag? Om jou enigste seun in ‘n bruin pakkie op te dress en grens toe te stuur? Vandat ons ligte velle voet aan wal gesit het gaan dit rof, ons maak net nog altyd die beste daarvan. So asseblief, onthou waar jy vandaan kom. Besef niks is meer regverdig nie en jy moet maar plan maak. Hou op kla. Hou op moan. Begin iets doen en begin die lewe terug praat in ander ook.

Nou gaan vreet jou 2min noodles wat jy op die gasstoofie moes maak en geniet dit.

Hasie

Advertisements

5 thoughts on “Jy weet wat kom. Jy weet wat om te doen.

    1. Ek weet almal is nie so nie, dit maak my net moeg en moeg en verby moeg dat daar SO BAIE klakouse is. Dit voel of daar om elke hoek en draai een is wat jou met hulle slegte nuus wil versmoor. Nee kom nou, dis nie wie ons is nie en mense vergeet dit.

      Like

  1. Jy is heeltemal reg…ons het verander in ‘n spul klakouse. Dis omdat ons so gemaklik geraak het. Dinge is baie verkeerd, maar as mens niks daaraan kan doen nie, gaan kerm ook nie help nie!

    Like

    1. Ek voel altyd dit kan erger wees. Ons is nog nie in kampe nie, ons is nog nie sonder kos nie, daar is nog hoop. Maar ons vreet mekaar se hoop op as ons so kla en kla en kla. Nou is juis die tyd om mekaar te bemoedig. Al is dit net tot die liggies weer aan gaan

      Liked by 1 person

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s