Jy verdien beter

Liewe Vriendin,

Ek wens ek kon self met jou praat, jou in die oë kyk maar die lewe is net te besig. Dan weet ek ook dat niks wat ek sê ooit by jou sal click nie. Tot jy nie click jy verdien beter nie. Jy verdien ‘n man wat jou geblindoek tussen duisende kerse en rose lei tot by ‘n tafel waar julle smul aan deftigste kos. Hy vertel jou hoe baie jy vir hom beteken en hy doen die moeite om op die een knieg te gaan en met trane in sy oë jou vra om sy lewe te deel, nie as sy meisie maar as sy vrou. Jy verdien ware liefde, nie gerieflike liefde nie. Jy verdien beter as ‘n ring in die kas en ‘n dra-dit-as-jy-wil houding.

Jy verdien ‘n man wat by jou is want jy is die beste, nie omdat hy te lui is om beter te soek nie. Jy verdien ‘n man wat geen ander vrou kan sien as jy, ‘n man wat nooit saam vriende wil gaan kuier want jy is dan hier by die huis en wat sal hy in ‘n kroeg sonder jou wil doen. Jy verdien ‘n man wat jou laat droom van trou, ‘n man wat die vrees vir kinders kry by jou weg vat en jou laat glo dat virewig liefde bestaan.

Jy verdien ‘n regte man, ‘n ordentlike man.

Jy verdien soveel meer as wat jy het.

Jy word kwaad vir ander vriendinne wat “slegte” mans trou want sonder dat jy dit besef, sien jy jouself in hulle.

Wees braaf, vertrou jou god.

Spring!

Hasie

Advertisements

One thought on “Jy verdien beter

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s