Januarie Is Weg

Ek het my oë geknip en toe staan ons in Februarie. Vir die wie se geld moes hou van Desember is ek seker Januarie het gevoel soos  die Israeliete se tog deur die woestyn. Die jaar wil ek baie graag ‘n verskil maak met my inskrywings maar nadat ek die blog stats so gesit en kyk het die ander dag, het ek besef dit mag dalk nie werk nie. Wanneer ek Google oopmaak om iets te soek, laat dit my dink aan Professor Xavier wat cerebro gebruik om een mutant tussen al die mense soek. Die van julle wat X-men ken sal weet wat ek bedoel. My punt is, jou stem raak weg tussen biljoene ander so wat is die punt?

Image result for professor xavier using cerebro

Daardie antwoord soek ek nog en intussen gaan ek tog probeer. So hier is ‘n paar goed om aan te kou vir die naweek.

Hoe oud moet ‘n kind wees om sy/haar eie selfoon te besit? Wel, as dit ‘n ou Nokia is wat net kan bel en sms dan kan jou kind enige ouderdom wees. As dit ‘n slim foon is dan vra ek jou hierdie vraag…is jou kind oud genoeg om alleen in die aand in die mall te gaan rondloop? Nie? Dan kan jou kind ook nie naby ‘n slim foon kom nie. Daar is gruwels op die internet wat jy as ordentlike mens geen idee van het nie. Waarom jou kind nou al aan dit blootstel?

VF Plus moet nog een keer sê hulle is vir die “volk” en dat elke stem tel al is jy land uit, dan kots ek my dood. Waar was julle toe Andre Hanekom in ‘n Mosambiekse tronk gelê en sterf het? Waar was julle toe die nuwe “tax law” ingekom het wat eis dat ons wat nie meer in SA bly ekstra moet betaal? So basies moet ons vir julle stem maar as ons nie in SA bly dan good luck chuck and have a nice day? Politiek is die duiwel se speel plek en dis die einde van die saak. O en dis ‘n party wat teen aborsies is. Luister, in Afrika waar mense teel soos hase en die kleintjies dan los om te vrek van die honger beskou ek aborsie as ‘n genade. Jy kan gaan protest oor dit die dag wat jy al daardie ongewenste kinders in jou sorg neem en groot maak. Tot dan, sit liewers en dink aan ‘n ander plan waar aborsies nie gaan nodig wees soos bv ‘n scooter vir elke man wat hom laat snip-snip maybe? Dit het gewerk in ander lande. Ek sê maar net hoor.

As jy die duiwel in alles soek, dan sal jy vir hom daar kry. Om jou kinders te “beskerm” teen ander gelowe help niemand. Jy maak net ‘n baie narrow minded mens groot wat eendag vreeslik gaan sukkel om aan te pas wanneer hy/sy met hierdie mense moet werk. En as nog een super-Christen my vertel hoe gevaarlik Harry Potter is, dan slaan ek jou dood met daardie einste boek. Leer jou kind die verskil tussen die werklikheid en ‘n verbeeldings wêreld. Om jou verbeelding te gebruik is tog ‘n talent en ‘n talent kom van waar? God. Wat gevaarlik is, is nie Harry Potter nie maar jy, die ouer wat nie onderskeid kan tref tussen ‘n storie en goed wat werklik kan gebeur nie.

Lekker naweek vir almal

Advertisements

2 thoughts on “Januarie Is Weg

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s