Die Sensasie Van Die Silicone Ring

Desember het ek ‘n ring gesoek. Goedkoop, klein en iets wat ek nie gaan jammer oor wees as dit verloor nie. Ek wil gering wees as ek in die tuin werk of by die see baljaar. Vir my is die simbool van daardie ring op die vinger kosbaar. Ek gaan heeldag skryf as ek julle moet vertel wat my trouring vir my beteken. Nou ja, toe maak ek kennis met die silicone ring. Almal dra dit. Dis gemaklik, dit kan nie vashak nie en dis goedkoop. Elke persoon wat een het rant en rave daaroor, die dames wat dit verkoop kan nie genoeg praat oor hoe wonderlik dit is nie. En al wat hierdie Haas dink is….dit lyk soos ‘n skaaprekkie. Dit lyk soos daardie rekkies wat my oupa om die lammers se sterte gesit het sodat dit moet doodgaan en afval. Ek staan die goed in die vertoonkas so en kyk en ek wonder, hoe het iemand hierdie juweliers winkel oortuig om tussen hulle duisende rande juwele hierdie cheap shit te verkoop?

Dis die beste racket sedert daardie balance bracelet. Jy betaal oor die R200 vir ‘n rekkie en jy noem dit ‘n ring. Vir my maak so “ring” sin as jou man met sy hande werk waar ‘n regte ring kan vashak en dus gevaarlik wees. Ek, as vrou, gaan egter nie afstand doen van my blink ring nie. Of dit klein en goedkoop is of groot en duur, dit moet darem nie lyk of jy die “seals” uit jou kar-enjin gesteel het nie. Jy sal my nie gereeld op die band wagon sien nie, die deuntjie wat hulle speel moet blêrried goed wees voor ek op klim en hierdie een is nie. Vir my persoonlik lyk dit kommin. Daar, ek het dit gesê, dis uit en ek is jammer ek voel so want ek het regtig probeer hou van die goed. Dis die 2019 mode gier wat my mal maak en ek hoop dit kry gou einde.

Image may contain: one or more people

Image may contain: one or more people and plant

Dit is nie biodegradable nie.

Advertisements

3 thoughts on “Die Sensasie Van Die Silicone Ring

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s