Dis ‘n Grappie Julle

Hallo! Die Hasie is nie heeltemal rooi op die nek die jaar nie. Sy kan nog Afrikaans en vandag se blog is om te share en share en asseblief share met ALMAL op Facebook. Vandag praat ek reguit met julle Boere/Blankes/Afrikaners op social media. Mense, wanneer het julle ‘n sin vir humor en julle maniere verloor? Ek het in my lewe nog nie so baie vieslike, knorrige goed saam gesien soos my mense op Facebook. Hulle is gereeld aan die baklei, val iemand aan wat jy duidelik kan sien het ‘n grap gemaak, raak sommer persoonlik met mekaar…man dis soos om twee vrouens te sien baklei, dis net waglik.

Wat op aarde gaan aan Volk? Wat het geword van eer en opregtheid en veral ons sin vir humor. Daar is niemand wat so vinnig ‘n grap kan maak oor ‘n slegte ding soos ‘n Boer nie. Ons rule met funny memes wat eg Afrikaans is en so waar dat jy jouself raak lees. Is dinge in ons land en wêreld nou al so rof dat ons geen lig in die donker kan sien nie? Of is dit die tyd waarin ons lewe waar almal feelings en rights het en elke klein dingetjie piss iemand af? O nee, ek is oor dit hoor. Ek het nie tyd om negatief te wees nie. Daar is te veel om te doen en ek hou te veel van myself om so vol gal te wees. Dit vat natuurlik al my wilskrag om NIE vir iemand te sê hulle kop is te diep in hulle gat nie en dis hoekom ek vet is, want social media gebruik al die wilskrag op en dan kan ek nie nee sê vir sweeties later nie.

Dis tyd dat jy bietjie begin luister hoe praat jy en die om jou. Luister fyn na wat jy sê en dink. Jy hou nie hiervan nie en jy hou nie daarvan nie, Eskom is ‘n bogger op, ons word vermoor, petrol is duur ens. As iemand jou vra hoe dit gaan met jou, begin jy jou sin met ‘n glimlag of ‘n sug? As jy vandag ‘n nuwe kar wen, het jy ‘n nuwe kar gewen of het jy onkoste by gekry? Is jy moeg na jy met iemand gesels het, is dit makliker om by die huis te bly? Dis dalk tyd dat jy dinge verander dan en al hoe mens dit doen is deur jouself te verander. Be the change you want to see. 

Probeer 30 dae van dankbaarheid en lighten up julle knorrige ou donners.

Liefde

Hasie