Norman die pervert

Ek het al voorheen vir Norman gesien. Nooit veel van hom gedink nie. Dit was altyd vreemd as ek gaan badkamer dat ek Norman in die omgewing sou sien maar nooit het dit my gepla nie. Nou het die winter weer in my huis ingesluip soos ‘n dief in die nag en om te stort maak nie warm nie. Dis tyd vir lang bad met baie lekker-ruik-goed gemeng. Hier is waar die storie met Norman ongemaklik word. Voorheen sou Norman in die omgewing wees, homself besig hou met al sy verskillende bure se dinge maar deesdae kom Norman aangehardloop sodra ek in die bad klim. Ek het al mooi met hom gepraat en gewaarsku my man gaan hom pap slaan al is dit teen ons manier van lewe maar ou Norm die perv wil nie hoor nie. Sy nuuste toertjie is om te wag tot ek uit die bad klim en dan gaan sit hy op die vloer om te kyk.

Ek verstaan hoekom hy dit doen. Geen spinnekop het seker al ooit die kans gehad om so naby ‘n mens te kom sonder om ‘n gedoom te word of pantoffel te kry nie. Dit maak my egter ongemaklik. Norm het ‘n plekkie bo die bad waar hy altyd sit en kyk hoe ek myself skoonmaak, voorheen het hy die miere gevang wat op die kant van die bad rondwoel maar nou sit hy net daar en staar na my met al daardie klein oogies. Laas week was een te veel toe hy soos ‘n parabat ‘n sprong van die rand af maak en onder by my voete vir my gaan sit en kyk.

“Regtig Norman? Het jy nou al ‘n beter angle nodig?”

Dis toe dat ek die doom blikkie gaan haal en netjies voor Norman neersit. Nog een keer se koekeloer en ek gaan die demone uit hom dryf. Dit het vir die gemeente in Naboom gewerk so hoekom nie vir Norm. Norman bly nou agter die handdoek kas en kom slegs uit NA ek gebad en aangetrek is om die bure uit te sort. Ek dink hy het sy les geleer.

Related image

Leja

Advertisements

8 thoughts on “Norman die pervert

  1. Sorry, maar ek bad of pp glad nie by jou nie😨… Daar is nie genoeg plek vir beide van ons nie. Ek probeer dink wat ek sou doen as hy so gespring het naby my- wel as ek nog geleef het na dit

    Liked by 1 person

      1. Ek het totaal fobie oor hulle, maak nie saak watter soort of watter eetplan hulle volg nie, dood gaan hulle dood as ek van hulle weet, ons deel geen spasie nie😨🤢

        Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s