Naartjies In Die Somer

Clementine kyk na haar weerkaatsing in die oond se deur. Sy is verseker nie meer wat sy was nie maar die gesig wat sy daar op die koue donker glas sien lyk darem nie te sleg nie. Bietjie mollig en dis goed so want wie bo 30 is nie mollig nie.

“Stupid gym bunnies met te veel tyd wat mans met kleint totties het.” mompel sy vir haarself.

Die wasmasjien sing sy liedjie om haar nader te roep. Dis byna 11 uur die aand en Daan is lankal in die bed. Hy sal in sy lewe nie saam haar wakker bly nie al is dit sy flippen goed wat sy so laat moet was omdat hy nie sy truie uit die bakkie gehaal het en vir haar gegee het nie. Die bitter smaak van verwyt kom vorm weer ‘n laagie oor haar tong. Daardie bitter laagie wat maak dat haar tong soms dinge kwyt raak wat ‘n hart bloedneus kan slaan. Tog is sy diep lief vir haar man en hy vir haar. Hulle het juis vanaand hulle eie privaat braai gehou en soos ou vriende gesels en lag. Hy het haar weer vertel hoe goed sy vir hom is en dat hulle ‘n goeie span is. Watter vrou wil nou nie sulke dinge hoor nie?

“Een wat slim genoeg is om ‘n ousie uit haar man te kry sodat sy nie middernagtlike ure moet wasgoed was nie.” mompel sy weer en vloek haarself saggies omdat sy so misluk kan wees. Sy is net moeg, dis al.

Wasgoed op, ligte af, alles gesluit en in die bed. Sy herhaal die sin terwyl sy deur die huis stap en seker maak alles is gesluit. Daar moet nie ‘n gat vir ‘n muis wees om deur te kom nie want ‘n dief sal dit wraggies gebruik om in die huis te kom. Clementine loop saggies deur die donker kamer en probeer om so min geraas as moontlik te maak toe sy in die bed klim. Daan werk hard en slaap lig. As hy hier moet wakker word gaan hy ‘n baie vieslike brombeer die volgende dag wees. Sy lê ‘n oomblik na die donkerte en staar om haar gedagtes in ‘n ry te kry en stil te maak.

“Hierdie werk nie meer vir my nie.”

Clementine wip van die skrik.

“Ek dog jy slaap.” sê sy en lag vir haar bewerige stem.

“Dis nie dat ek nie meer lief is vir jou nie. Dit werk net nie meer nie.”

Clementine laat die woorde oor haar spoel en tot diep in haar brein insuipel. Sy is is dalk nie ‘n size 10 nie maar sy is ‘n slim meisie en weet presies wat hier gebeur.

“Ek verstaan nie Daan. Net vanaand nog kuier ons lekker saam en vertel jy my hoe goed ons saam werk en nou is dit verby? Nou is jy klaar?” Sy sukkel om die histerie wat in haar opstoot uit haar stem te hou. Die laaste ding wat sy nou wil wees is ‘n histeriese vrou wat soos ‘n mal ding aangaan.

“Ons is maar dis nie genoeg nie. Dis nie dat ek iemand anders soek nie..”

“Jy soek my net nie.” Lank hang die sin tussen hulle voor sy haar bene kan kry om te werk. Wyn en ‘n rook ding is wat sy nou nodig het.

Sy haal ‘n glas uit die kas maar voor sy die wyn in gooi kyk sy weer na die mollige gesig wat van die oonddeur na haar terug staar.

“Nou is nie die vir ordentlik wees en uit glase drink nie. Jou man gaan jou skei. Vat maar die bottel net so.” sê die gesig en net daar voor die oop yskas en ‘n bottel wyn in die hand, word Clementine Smit ‘n histeriese vrou. Sy sak in mekaar en begin huil, skree, vloek en keer haarself net so voor sy die bottel stukkend gooi. Sy kyk op en sien een van Daan se duur whiskey glase, gryp die en slinger dit teen die vetgat ou vrou in die oond vas.

Sy weet nie hoe sy op die stoep gekom het nie maar die twee lee bottels wyn vertel dat sy al ‘n rukkie daar sit. Daan sit oor kant haar, gesig sonder emosie, met sy baard en speel soos hy altyd maak as hy met ‘n moeilike werker of klient moet praat.

“Jy het niks verkeerd gedoen nie. Wel nie niks nie maar dis in elk geval te laat vir daai gesprek. Ek wil nie meer getroud wees nie. Ek dink ons mors ons tyd met mekaar en die lewe is te kort vir dit. Ek sal goed agter jou kyk, dit belowe ek jou.”

“Dink jy ek worry oor geld?” vra sy met ‘n stem wat skaars hoorbaar is. Iets op haar gesig laat Daan se oë rek en hy sit effens terug in sy stoel.

“Jy is die liefde van my lewe. Jy is my beste vriend. Vir tien jaar werk ek vir jou as ‘n huisvrou, dien ek jou as my man en nou werk dit nie meer vir jou nie?”

Hoe moet sy nou van voor af begin? Ag en sy kan net dink hoe lekker haar skoonsussies sal kry. Sy sal die eerste een in haar familie geskiedenis wees wat skei. Wie gaan ‘n vrou wil aanstel wat in haar dertigs is en die laaste dekade nie gewerk het nie? Hoe verwag haar man dat sy sommer net haar liefde vir hom af sit en weg stap?

“Jy sal fine wees sonder my.”

Sy staan op en stap stadig na hom toe.

“Ek gaan jou nie keer as jy nou iets histeries of geweldadig wil doen nie. Ek weet jy verwerk dinge anders as ek maar as jy my gesig gaan begin verniel dan gaan ek jou stop.” se hy sonder om na haar te kyk.

Hy verstaan haar so goed en dit maak haar net meer hartseer. Sy begin weer huil en gaan sit op sy skoot. Sy kan sien Daan het nie hierdie sagte kwesbare kant van haar verwag nie. Hy vou sy arms om haar en soen op die kop terwyl sy tien jaar se liefde op sy skouer uit huil. So sit hulle saam die sonopkoms en kyk. ‘n Nuwe dag as twee mense wat nie meer getroud is nie, op skirf ja maar nie meer waar dit saak maak…in die hart.

Clementine voel siek en lam maar soos altyd dra haar trots haar as haar gees ingee. Sy staan op, vry haar hare plat, trek haar nagklere reg en vee haar gesig af.

“Wel dit fokken suck.” sê sy met haar ken in die lug en haar rug stokstyf. Dit was die laaste woorde wat Clementine Smit vir enige iemand gesê het.

Advertisements

12 thoughts on “Naartjies In Die Somer

    1. Ja dit gaan. Ek het die idee hoekal op een van onse vrinne se blog gekry. Jammer, kan nie onthou wie maar die persoon het ook gesukkel om te skryf toe begin hulle ‘n ketting storie. Elke dag skryf hulle iets al is dit net ‘n paar sinne. En kort voor lank toe is hulle weer aan die gang. So verskoon maar die boring blog vir nou. Ek werk om oor, om of deur die block te kom

      Liked by 1 person

      1. Dit moet want my man dreig al om ‘n boek te skryf en ek belowe vir jou, hand op die hart, as hy ‘n boek publiseer voor my gaan ek ‘n oranje jumpsuit dra

        Liked by 1 person

  1. Diep emosies … goue draad van vrees in elke huwelik verhouding … die gevolg van die gesprek gaan soveel mense se lewens raak … moenie ophou nie … ek nie n skrywer nie maar gaan kyk na my blog op litnet Gemini se lewe.

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s